29 Mei 07:58
Kaapstad Verander Area

Maandag

20°C / 12°C

Wind 11km/h

Reënval 0

Humiditeit 56%

Dinsdag

21°C / 14°C

Wind 8km/h

Reënval 0

Humiditeit 49%

Woensdag

20°C / 15°C

Wind 12km/h

Reënval 0

Humiditeit 64%

Donderdag

18°C / 14°C

Wind 19km/h

Reënval 0

Humiditeit 72%

Vrydag

21°C / 14°C

Wind 17km/h

Reënval 0

Humiditeit 59%

Saterdag

18°C / 14°C

Wind 28km/h

Reënval 0

Humiditeit 78%

Inligting
WEN 'N 2017-SOMERVAKANSIE: Bepalings en Voorwaardes

Hier volg die formele bepalings en voorwaardes vir ons 'Wen 'n 2017-somervakansie' wat hardloop van 1 Desember tot 28 Februarie 2017.

Soos meeste kompetisiereëls is die dokument taamlik omvattend, indien jy net 'n vinnige oorsig wil hê oor wat die kompetisie behels, klik hier.

‘WEN ’N 2017-SOMERVAKANSIE’
FORMELE BEPALINGS EN VOORWAARDES 


Die kompetisie word aangebied deur Netwerk24, ’n produk van 24.com, ’n afdeling van Media24 Eiendoms Beperk (hierna verwys as “ons”). Die kompetisie begin op 5 DESEMBER 2016 om 08:00 en sluit op 28 FEBRUARIE 2016 om 00:00, tensy anders vermeld. Die wenner van die kompetisie sal op 1 MAART 2016 gekies word en die naam van die wenner sal voor of op 3 MAART 2016 op Netwerk24 se webwerf gepubliseer word. Jou inskrywing vir die kompetisie vervat jou bindende aanvaarding van dié bepalings en voorwaardes wat hier volg:


1. Inskrywing
1.1. Deelnemers kan inskryf vir die kompetisie deur ’n intekenaar te word van Netwerk24 se suiwer digitale pakket deur die volgende stappe te volg:
1.1.1. Besoek die kompetisieskakel kompetisie.netwerk24.com en bevestig die promosiekode “SOMERVAKANSIE”. Die deelnemer moet daarna voortgaan en sy/ haar kredietkaart (of  Visa/Mastercard-debietkaart) opkoppel vir die R99-per-maand-pakket;
1.1.2. Taalgenoot-lesers volg die stappe hierbo uiteengesit, maar pleks van die promosiekode genoem in paragraaf 1.1.1 sleutel hulle die spesiale
promosiekode vir die Taalgenoot in ten einde 10% afslag op die Netwerk24-intekengeld vir ’n jaar te ontvang.
1.2. Neem kennis indien die volgende opsie op die skerm verskyn onder die promosiekode, volg die stappe:
1.2.1. REGISTREER: Indien deelnemers nie ’n bestaande profiel het nie, moet hulle eers ’n profiel registreer voordat hulle kan voortgaan na die betaalblad;
1.2.2. MELD AAN: Deelnemers wat reeds ’n Netwerk24-profiel het, moet aanmeld met hul wagwoord en e-posadres om voort te gaan na die betaalblad.


2. Deelnemers
2.1. Deelnemers moet bo die ouderdom van 18 wees en in besit wees van ’n geldige Suid-Afrikaanse identiteitsdokument.
2.2. Persone wat binne die afgelope 30 kalenderdae enige Media24-kompetisie gewen het, mag nie deelneem nie.
2.3. Die volgende persone mag nie deelneem aan die kompetisie nie:
2.3.1. Werknemers, direkteure, verteenwoordigers, konsultante of enige ander mense wat direk of indirek ’n rol by Media24 (Edms.) Bpk. speel, hul nabye familie (ouers, kinders, broers en susters), eggenote, lewensmaat(s), besigheidsvennote en -agente én hul nabye familie (ouers, kinders, broers en susters).
2.3.2. Enigiemand, insluitende verskaffers, wat ’n rol in die kompetisie het.


3. Beoordeling
3.1. Die wenner sal gekies word in ’n gelukkige trekking;
3.2. Die beoordelaars se beslissing is finaal en geen gesprek of korrespondensie sal daaroor gevoer word nie.


4. Pryswenner
4.1. Die wenner sal aangekondig word voor of op 3 Maart 2017 en sal gepubliseer word op die Netwerk24 webwerf.
4.2. Indien ’n pryswenner nie binne twee weke op die prysaankondiging reageer of die nodige dokumentasie aanstuur nie, behou ons die reg voor om nié die prys toe te ken nie of ’n alternatiewe wenner te kies.

5. Die prys
5.1. Die prys is akkommodasie by enige van die volgende ATKV-oorde gelys onder Kolom A. Die akkommodasie is slegs vir die periode 21 Desember (14:00 n.m.) – 28 Desember 2017 (09:00 v.m.). Die wenner het ’n keuse tussen die tipe akkommodasie gelys in Kolom B en Kolom C:

Tabel 1:


5.2. Die prys is beperk tot die verblyfopsies gelys in Tabel 1 en kan nie uitgeruil word vir ander huisvestig of kampering nie. Neem kennis dat daar geen akkommodasie by Natalia beskikbaar is nie en dat Hartenbos se akkommodasie beperk is tot ’n 4-bed rondawel.
5.3. Die akkommodasie is slegs beskikbaar tussen 21 Desember – 28 Desember 2017 en sal nie omgeruil kan word vir alternatiewe datums nie;
5.4. Die prys sluit nie vervoer, etes, drankies of enige ander kostes in nie behalwe die gekose akkommodasie eenhede gelys in Table 1 in en soos beskryf paragraaf 5.1. in nie;
5.5. Die prys is nie oordraagbaar nie en kan nie vir kontant omgeruil word nie;
5.6. Die wenner sal onderhewig wees aan die AKTV-oorde se bepalings en voorwaardes.
5.7. Die wenner moet sy akkommodasiebespreking voor 31 Maart 2017 bevestig, sou die wenner versuim om dit te doen of sy/ haar bespreking kanselleer, vir watter rede ook al, behou ons die reg voor om nié die prys toe te ken nie of ’n alternatiewe wenner te kies.
5.8. Sodra die ATKV die verblyf onder die wenner se naam bevestig het, word dit aanvaar dat die prys opgeëis is. 
5.9. Ingevolge die Wet op Verbruikersbeskerming moet alle wenners hul persoonlike inligting (ID-nommer, volle adres en kontaknommers) aan ons verskaf ten einde hul identiteit te bevestig en so die pryse op te eis.


6. Algemene reëls
6.1. Slegs deelnemers wat aanlyn deur die kompetisie.netwerk24.com op die suiwer digitale pakket ingeteken het, sal vir die prys in aanmerking kom.  Geen bestaande intekenare mag deelneem nie.
6.2. Geen laat inskrywings sal aanvaar word nie.
6.3. Slegs een inskrywing per deelnemer word toegelaat.
6.4. Media24 (Edms.) Bpk, sy filiale, sy personeel, borge, medewerkers en adverteerders doen afstand van alle aanspreeklikheid vir enige verlies, skade, besering of uitgawe wat mag voortspruit uit die kompetisie.
6.5. Media24 (Edms.) Bpk. word gevrywaar teen alle eise wat die wenner kan hê weens skade weens hul deelname aan die kompetisie.
6.6. Twee verskillende promosies kan nie op dieselfde bespreking toegepas word nie
6.7. Inskrywings sal gediskwalifiseer word as enige van dié bepalings en voorwaardes oortree word. Indien die prys toegeken word aan iemand wat nie ’n bepaling of voorwaarde nakom nie, sal die prys verbeur word.
6.8. Ons behou die reg voor om inskrywings vir promosiedoeleindes te gebruik wat betrekking het tot die kompetisie.
6.9. Jou persoonlike inligting sal slegs gebruik word in ooreenstemming met ons privaatheidsbeleid.
6.10. Ons behou die reg voor om die kompetisietye te verander, die kompetisie teen enige tyd te staak of te kanselleer. In dié geval stem alle deelnemers in om afstand te doen van enige regte wat hulle kragtens hierdie promosie het, asook dat hulle geen regseis teen Media24 (Edms.) Bpk. sal indien nie. 
6.11. Geen persoon mag namens ’n derde party vir die kompetisie inskryf nie. Alle inskrywings moet deur die persoon self gedoen word.
6.12. Suid-Afrikaanse wetgewing is van toepassing op die kompetisiereëls en dit moet daarvolgens vertolk word. Enige dispute wat hieruit kan voortspruit, sal onderhewig wees aan die eksklusiewe jurisdiksie van die Suid-Afrikaanse howe en regstelsel.
6.13. Die kompetisie is onderhewig aan die ATKV-oorde se bestaande bepalings en voorwaardes
6.14. Behalwe vir paragraaf 1.3, kan twee verskillende promosies nie op dieselfde kompetisie toegepas word nie
6.15. Die ATKV, sy personeel, borge, medewerkers en adverteerders doen afstand van alle aanspreeklikheid vir enige verlies, skade, besering of uitgawe wat mag voortspruit uit die kompetisie. 

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.