Stel ons op die proef, vir nuus wat jy kan vertrou. Registreer vir 30 dae gratis
Algemeen
10-jarige sien kans vir haaie in haar rekordswem
Abriella Bredell (10) en haar oopwaterswemafrigter Brenton Williams.

Sterk en koue seestrome, hoë deinings, bamboese, jellievisse en dalk ’n nuuskierige haai rondom Robbeneiland is wat die 10-jarige Abriella Bredell gaan trotseer wanneer sy in die somer tussen die historiese eiland en Bloubergstrand sal swem.

Dié jong swemmer van Jeffreysbaai in die Oos-Kaap samel geld in vir die Kinderhospitaaltrust. Die trust ondersteun pasiënte in die Rooi Kruis-kinderhospitaal in Rondebosch.

Abriella se mikpunt is R2 miljoen en sy het reeds sowat R38 000 ingesamel. Sy wil terselfdertyd ook probeer om die jongste vrou te word wat die uitmergelende swemtog van 7,7 km suksesvol voltooi. “Dit is die Everest vir enigeen wat in die oopsee rondom Suid-Afrika swem,” lag sy.

Abriella Bredell

Die gr. 5-leerling aan die Victory Christian School oefen al vandat sy twee jaar oud is by die Brenton-swemskool en Liquid Lines.

Tans oefen sy drie keer per week in die swembad onder die wakende oog van haar afrigter Maria Holmes. Brenton Williams rig haar in die oopsee af. Sy oefen ook drie keer per week in die Marina Martinique om haar afstand te vergroot en om aan die temperatuur van die water gewoond te raak.

“Ek hou baie van swem. Ek is ook ’n baie kompeterende persoon en wil my tyd net verbeter,” sê sy.

“Swem hou my fiks, my verstand helder en gees gesond.”

Haar held is Lewis Pugh, die Kaapstadse swemmer en omgewingsaktivis wat al taai swemtogte in die poolgebiede voltooi het. Sy lees tans sy boek 21 Yaks and a Speedo oor hoe om “jou onmoontlike” aan te pak, sê sy.

  • Pierre, haar pa, het aan Rapport gesê hy het handdoek ingegooi om sy dogter van hierdie “mal plan” te laat afsien. Pierre en sy vrou, Lauren, staan nou bankvas agter hul dogter en so ook haar sussies Issataya (9), Louloulvè (4) en broer, Alcapone (2).Vir meer inligting, besoek haar webtuiste www.abriellabredell.co.za.
Meer oor:  Swem  |  Liefdadigheid
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.