29 Mei 08:02
Kaapstad Verander Area

Maandag

20°C / 12°C

Wind 11km/h

Reënval 0

Humiditeit 56%

Dinsdag

21°C / 14°C

Wind 8km/h

Reënval 0

Humiditeit 49%

Woensdag

20°C / 15°C

Wind 12km/h

Reënval 0

Humiditeit 64%

Donderdag

18°C / 14°C

Wind 19km/h

Reënval 0

Humiditeit 72%

Vrydag

21°C / 14°C

Wind 17km/h

Reënval 0

Humiditeit 59%

Saterdag

18°C / 14°C

Wind 28km/h

Reënval 0

Humiditeit 78%

Algemeen
Busongeluk: LUR bevestig dodetal
Die ongelukstoneel op die R25 buite Bronkhorstspruit. Foto: ER24

Pat Ngomane, LUR vir veiligheid in Mpumalanga, het bevestig dat 19 skoolkinders en die bestuurder van die bus waarin hulle gery het in 'n ongeluk op die R25 tussen Bronkhorstspruit en Verena dood is.

Volgens 'n verklaring deur Ngomane was die bus besig om by 'n kruising in te draai toe 'n vragmotor die bus tref, waarna albei voertuie aan die brand geslaan het.

Die vragmotorbestuurder het die ongeluk oorleef.

Ngomane het sy medelye met die slagoffers se naasbestaandes betuig.

Volgens Russel Meiring van ER24 was verskeie kinders in die brandende bus vasgekeer. Reddingswerkers het hulle dadelik te hulp gesnel nadat die vlamme geblus is, maar daar was niks wat vir hulle gedoen kon word nie en hulle is op die toneel dood verklaar.

Volgens Meiring het sewe kinders het die ongeluk oorleef nadat hulle glo deur omstanders uit die brandende bus gered is. Hulle is op die toneel behandel en gestabiliseer voordat hulle per ambulans na verskeie omliggende hospitale vervoer is.

Die presiese oorsaak van die ongeluk word nog ondersoek.

*Hierdie berig is aangepas sedert dit oorspronklik gepubliseer is.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.