Stel ons op die proef, vir nuus wat jy kan vertrou. Registreer vir 30 dae gratis
Algemeen
2 studente steeds vermis ná swemuitstappie
Die twee studente wat Saterdag by die Strand in die see beland het, is steeds nie gevind nie. Foto: Lulama Zenzile

Twee jong mans van Venda wat in Kaapstad aan twee verskillende universiteite studeer, word steeds vermis ná ’n kerkuitstappie na die Strand.

Die studente, onderskeidelik ’n 19- en 20-jarige, was deel van ’n groep studente van die Universiteit van Wes-Kaapland (UWK) se Christelike studenteorganisasie wat Saterdag ’n uitstappie na die Strand onderneem het.

Luidens ’n persverklaring van die organisasie is die uitstappie maande gelede al gereël.

“Ons lede was nog besig om te swem toe vier studente moeilikheid in die water ondervind het.”

Alan Meiklejohn, bevelvoerder van die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) in Gordonsbaai, sê menseredders hul omstreeks 15:00 hulp ontbied in verband met ’n “massaverdrinking” by ’n gebied genaamd Pipe.

Die kerkgroep het glo in ’n gebied geswem waar swem verbode is toe dit gebeur het.

“Dit was ’n hele ent van waar die Strand se menseredders aan diens was en die toegewysde veilige swemstrand gepatrolleer het,” lui die NSRI se verklaring.

“Die gebied is berug vir sy baie groot branders en sterk seestrome,” sê Meiklejohn.

Die seetoestande was juis Saterdag onguur met branders van tot 3 m hoog in ’n wind van 45 knope, het Netwerk24 berig.

Met die menseredders se aankoms was medekerkgangers reeds besig om die een jong vrou te help. Die menseredders is toe die see in om die ander vrou te red. Albei vroue is ongedeerd.

Die twee manstudente, Aluwani Hadzhi (19) van die UWK en ’n 20-jarige eerstejaarstudent in meganiese ingenieurswese aan die Kaapse Skiereiland-Universiteit vir Tegnologie (KSUT), is egter nog nie gevind nie.

Volgens die studenteorganisasie is Hadzhi ’n tweedejaar-regstudent.

Lauren Kansley, woordvoerder van KSUT, wou nie die eerstejaarstudent se naam bekend maak nie, maar sê hulle is hartseer oor die voorval.

Die organisasie sê die gebied waar hulle geswem het, was nie afgebaken nie. Daar was glo ook geen tekens wat aangedui het dat die gebied vir swem verbode is nie.

Ashley Daswa, woordvoerder van die organisasie, sê dit is ontstellend dat die publiek mislei is deur hulle te laat glo dat die studente onverantwoordelik was deur by ’n verbode plek te swem.

Meer oor:  See  |  Vermis  |  Strand  |  Verdrinking
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.