23 Junie 22:40
Kaapstad Verander Area

Saterdag

15°C / 10°C

Wind 16km/h

Reënval 0

Humiditeit 63%

Sondag

16°C / 11°C

Wind 20km/h

Reënval 0

Humiditeit 64%

Maandag

18°C / 10°C

Wind 9km/h

Reënval 0

Humiditeit 60%

Dinsdag

17°C / 13°C

Wind 11km/h

Reënval 0

Humiditeit 69%

Woensdag

15°C / 13°C

Wind 39km/h

Reënval 10mm

Humiditeit 78%

Donderdag

14°C / 10°C

Wind 10km/h

Reënval 0

Humiditeit 64%

Algemeen
3 weermaglede sterf toe hulle werkers wil red

Drie lede van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW) is Vrydagoggend as helde dood toe hulle tevergeefs ’n groep konstruksiewerkers by die vlootbasis in Durban van ’n metaangaslekkasie probeer red het.

Brig.genl. Mafi Mgobozi, woordvoerder vir die weermag, sê konstruksiewerkers van die departement van openbare werke het omstreeks 11:30 ondergronds in ’n rioolput gewerk toe hulle begin het om asemhalingsprobleme te ondervind.

“Drie lede van die SANW het hulle na die put gehaas om die werkers te probeer red. Die weermaglede het die noodroep om hul landgenote te probeer red, beantwoord, maar is ongelukkig in die proses self aan hoë vlakke van metaangas blootgestel,” sê Mgobozi.

Die drie weermaglede, sowel as drie konstruksiewerkers wat hulle probeer red het, is weens blootstelling aan die gas oorlede.

“Paramedici wat na die toneel ontbied is, het die drie weermaglede en die drie werkers op die toneel dood verklaar.”

Volgens Mgobozi sal die militêre polisie en die Suid-Afrikaanse Polisiediens ’n ondersoek doen om die oorsaak van die voorval te bepaal.

Ons is erg ontsteld en geskok oor hierdie hartseer wending en lede van die provinsiale departement is op die toneel om te probeer vasstel presies wat verkeerd gegaan het en hoe dit met die munisipale werkers (wat oorleef het) gaan
Kiru Naidoo

Die name van die oorledenes sal bekend gemaak word sodra hul naasbestaandes van hul dood in kennis gestel is.

Mgobozi het verduidelik dat dít nie iets is wat oor die foon gedoen kan word nie. Kapelane van die weermag sal die familielede van die weermaglede wat dood is persoonlik van hul dood in kennis gaan stel.

Volgens Kiru Naidoo, woordvoerder van die departement van openbare werke in KwaZulu-Natal, is die munisipale werkers deur die nasionale department gekontrakteer om op die vlootbasis te werk.

“Ons is erg ontsteld en geskok oor hierdie hartseer wending en lede van die provinsiale departement is op die toneel om te probeer vasstel presies wat verkeerd gegaan het en hoe dit met die munisipale werkers (wat oorleef het) gaan,” sê Naidoo.

Russel Meiring, woordvoerder van die nooddiens ER24, sê reddingspanne was reeds op die toneel toe hulle daar aangekom het. Hulle het die lyke van die ses slagoffers uit die rioolput gehaal.

“Ons paramedici het die ses mans ondersoek, maar hulle het geen tekens van lewe getoon nie en daar was ongelukkig niks wat verder vir hulle gedoen kon word nie,” sê Meiring.

Volgens hom is tussen 20 en 25 ander pasiënte wat vermoedelik ook van die gas ingeasem het, op die toneel behandel, waarna hulle na verskeie hospitale in die omgewing geneem is.

Lt. Rachel Dulamo, woordvoerder van die Suid-Afrikaanse vloot, kon nie onmiddellik vir kommentaar bereik word nie.

Naidoo het namens Ravigasen Ranganathan Pillay, LUR vir openbare werke in die provinsie, en die hoof van die department van openbare werke in KwaZulu-Natal hul innige meegevoel met die familielede van die oorledenes betuig.

Nosiviwe Mapisa-Nqakula, minister van verdediging en militêre veterane, dr. Sam Gulube, sekretaris van verdediging, en genl. Solly Shoke, weermaghoof, het ook almal Vrydag hul meegevoel aan die familielede en kollegas van die oorledenes betuig.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.