27 Julie 00:26
Kaapstad Verander Area

Donderdag

17°C / 8°C

Wind 15km/h

Reënval 0mm

Humiditeit 55%

Vrydag

20°C / 13°C

Wind 24km/h

Reënval 0

Humiditeit 54%

Saterdag

18°C / 13°C

Wind 23km/h

Reënval 1mm

Humiditeit 64%

Sondag

20°C / 12°C

Wind 11km/h

Reënval 0

Humiditeit 59%

Maandag

21°C / 13°C

Wind 14km/h

Reënval 0

Humiditeit 52%

Dinsdag

16°C / 14°C

Wind 21km/h

Reënval 0

Humiditeit 68%

Algemeen
4 vroue in aanmerking vir gesogte argitektuurprys
Karlien Thomashoff
Tanzeem Razak
Kate Otten
Tina Gallagher

Vier vroue tel onder argitekte van oor die hele land wat met hul ontwerpe in aanmerking kom vir die Corobrik-SAIA-pryse vir uitmuntende ontwerp wat op 2 September oorhandig word.

Hulle is Karlien Thomashoff van Thomashoff and Partners in Pretoria, Kate Otten van Kate Otten Architects in Johannesburg, Tanzeem Razak van Lemon Pebble Architects in Johannesburg en Tina Gallagher van Gallagher Lourens Architects in Kaapstad.

Altesame 66 inskrywings is ontvang vir hierdie pryse wat reeds die afgelope 26 jaar tweejaarliks deur die Suid-Afrikaanse Instituut vir Argitekte (SAIA) oorhandig word.

In die siklus se eerste jaar word streekpryse oorhandig en in die tweede jaar word nasionale pryse oorhandig.

Deelnemers kan hiervoor hul beste argitektoniese werke inskryf.

Dié pryse vir uitmuntende ontwerp verteenwoordig die hoogste akkolade wat aan ’n argitek van ’n gebou in Suid-Afrika toegeskryf kan word.

Thomashoff het The Last Glass House ingeskryf. Dit is geleë in Westcliff Ridge in Parktown, Johannesburg, en is ontwerp vir ’n kliënt wat ’n fotograaf en self ook ’n gekwalifiseerde argitek is, maar nie in die beroep werk nie.

Gallagher was deel van die ontwerp van die Hermanus-gemeenskapsdagsentrum in Zwelihle, Hermanus, deur Gallagher Lourens Architects in Kaapstad. Dit is in 2014 voltooi.

Otten is een van Suid-Afrika se mees gerekende argitekte. Haar ontwerp van die Universiteit van die Witwatersrand se kampus in Bosbokrand, Limpopo, is vir die prys ingeskryf.

Razak, direkteur en stigtersvennoot van Lemon Pebble Architects in Johannesburg, se ontwerp van House Nicolas in Richmond in samewerking met Noero Architects is ingeskryf.

Obert Chakarisa, uitvoerende hoof van die SAIA, sê dit is bemoedigend om die groeiende impak waar te neem wat vroue op argitektuur as beroep maak.

“Slegs 21,54% van ons lede is vroue, waarvan 19,46% professionele argitekte is. Ons sien toenemende syfers in ons kategorie van (vroulike) kandidaatargitekte in opleiding wat tans op 42% staan. Daar is geen twyfel nie dat vroue ’n unieke perspektief na argitektoniese ontwerp bring en dat hulle betrokke is by ’n noemenswaardige deel van die wêreldklasontwerpe in Suid-Afrika. Ons stel hul bydrae hoog op prys.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.