Stel ons op die proef, vir nuus wat jy kan vertrou. Registreer vir 30 dae gratis
Algemeen
'80% van De Aar se mense is werkloos'

“De Aar, wat die derde grootste dorp in die Noord-Kaap is, sit met skokkende maatskaplike probleme en statistieke. Werkloosheid staan op 80% en alkoholmisbruik is algemeen."

So sê Tina Thiart, ’n direkteur van ForwardFund, wat meen die organisasie wil ’n verskil aan mense se lewens op die dorp maak.

”Twee organisasies bied vandeesweek boekhoukursusse aan entrepreneurs en inwoners van De Aar wat aan benarde maatskaplike omstandighede wil ontsnap.

Dit is ’n organisasie wat kleinsakeondernemings ondersteun wat deur vroue gelei word.

“Ons gaan 13 eienaars leer om basiese boekhouding te doen. Almal het reeds ’n kursus in entrepreneurskap gedoen. Hulle is onder andere spyseniers, bouers, boere, koeriers, ’n bloemiste en haarkappers.

“Ons gaan ook ’n kursus vir gemeenskaplede aanbied oor die gevare van mensehandel. Ons wil hulle bedag maak op tekens vir vermoedelike mensehandel en watter prosedures om te volg indien hulle die polisie wil betrek.

Werkloosheid staan op 80% en alkoholmisbruik is algemeen
Tina Thiart, ForwardFund

Volgens Claudia Burger, wat die werksessies gaan aanbied, word mense gefaal omdat die regering, private maatskappye, nieregeringsorganisasies, burgerlike organisasies, die kerk en individue onbetrokke is.

“Niemand klim in en rol die moue op om die probleme op te los nie. Mense is vasgevang in gewelddadige verhoudings, en baie vroue raak in mensehandel en seksslawerny vasgevang, of verdwyn net.

“Die kursusse word by die Solar Capital-gemeenskapsentrum aangebied. Dit is skuiling vir vroue en meisies wat onder gesinsgeweld deurgeloop het.

“Personeellede van die sentrum ontferm hulle baie keer oor kinders van tot so jonk as 12 jaar oud wat slagoffers van seksuele uitbuiting geword het. Sommiges word haweloos langs hoofweë gevind.

De Aar Foto: Emile Hendricks

“Hulle ondervind ’n reusegevoel van hulpeloosheid. Mense voel hulle is op pad na nêrens. Mense ly honger. Gesinne verval. Seuns word heeltydse bedelaars by winkelsentrums. Mense oorleef op toelae.”

Burger, ook ’n programdirekteur by die aktiviste-netwerk teen die uitbuiting van kinders (Anex), praat Woensdag op die bekendstelling van die 1 000 Vroue-organisasie om te verenig teen gesinsgeweld en mishandeling.

“Te veel mense wil in ’n verhouding wees, maar het nie altyd die moed om van afbrekende verhoudings weg te kom nie.

“Ek wil mense laat besef hoe sterk hulle is wanneer hulle gedwing word om die verhouding te verbreek. Hulle kan hul innerlike krag herontdek.

“Mense wat nie geleenthede vir ontwikkeling het nie, glo ongelukkig die vals beloftes van sindikate wat by mensehandel betrokke is.”

Vir meer inligting bel Tina Thiart by 073 207 9079.

Meer oor:  De Aar  |  Bemagtiging
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.