24 Julie 18:47
Kaapstad Verander Area

Dinsdag

16°C / 12°C

Wind 33km/h

Reënval 9mm

Humiditeit 69%

Woensdag

14°C / 9°C

Wind 13km/h

Reënval 0

Humiditeit 56%

Donderdag

18°C / 10°C

Wind 12km/h

Reënval 0

Humiditeit 56%

Vrydag

19°C / 14°C

Wind 27km/h

Reënval 0

Humiditeit 55%

Saterdag

18°C / 14°C

Wind 35km/h

Reënval 0

Humiditeit 60%

Sondag

16°C / 10°C

Wind 14km/h

Reënval 0

Humiditeit 60%

Algemeen
Aardklop: ‘Slegte nuus vir ondernemings’
Pret op die Aardklop-feesterrein in 2014. Sakeondernemings kan ’n groot deel van hul inkomste verloor noudat die fees van die baan is. Foto: Alet pretorius

Potchefstroom. – Noudat Aardklop nie meer gaan plaasvind nie, kan sommige ondernemings in die stad tot 40% van hul inkomste verloor, sê Dewald van Breda, voorsitter van die plaaslike sakekamer.

“Die kansellasie van die fees is ’n groot skok. Dit gaan ’n groot invloed hê op verskeie bedrywe soos gastehuise en restaurante.”

Theo Cloete, bemarkingshoof van die Noordwes-Universiteit (NWU) se Potchefstroom-kampus, het beaam die staking van Aardklop is nie net ’n groot inkomsteverlies vir die stad nie, maar ook vir kunsliefhebbers.

“Die universiteit was van die ontstaan van Aardklop betrokke, ook by die stigting daarvan. Ons het jaarliks geriewe beskikbaar gestel en verblyf teen ’n afslagtarief.

“Ons borgskap wat betref gratis hulp met onder meer toegangsbeheer en ’n kontantskenking was saam meer as R1 miljoen.”

Willie Maphosa, woordvoerder van die Tlokwe-munisipaliteit wat die stad bedien, het ­gesê hulle het die fees sedert sy ontstaan gesteun deur dienste en kontantskenkings. “Oor die jare het die waarde daarvan miljoene rande beloop.”

Die huis waaruit die Aardklop-kantoor in die stad bedryf is, is in die mark en reeds gesluit.

Volgens prof. Annette Combrink, voormalige Aardklop-direksielid, was sy teenwoordig by ’n gesprek waar Andries Vrey, uitvoerende hoof van Aardklop, gesê het die huis is in die mark. Dit is na raming sowat R2,3 miljoen werd.

Vrey het nie op ’n SMS-navraag oor die verkoop van die huis gereageer of teen druktyd gister sy selfoon beantwoord nie.

Hy het vroeër gisteroggend in ’n onderhoud met Beeld gesê Aardklop se direksie moet nog besluit hoeveel en presies wat van die huidige Aardklop-kantooropset in Potchefstroom steeds gebruik gaan word.

Volgens Combrink, wat tot Januarie in Aardklop se direksie gedien het, is personeel wat weg is by die Aardklop-kantoor al die afgelope sowat ses maande nie meer vervang nie. Dié wat oorbly, gaan pakkette kry.

Aardklop was sedert 1998 ’n reuse- ekonomiese inspuiting van miljoene rande vir Potchefstroom.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.