22 Augustus 20:33
Kaapstad Verander Area

Woensdag

14°C / 11°C

Wind 18km/h

Reënval 0mm

Humiditeit 78%

Donderdag

14°C / 11°C

Wind 27km/h

Reënval 0mm

Humiditeit 59%

Vrydag

16°C / 11°C

Wind 24km/h

Reënval 0

Humiditeit 61%

Saterdag

18°C / 10°C

Wind 24km/h

Reënval 0

Humiditeit 56%

Sondag

19°C / 11°C

Wind 16km/h

Reënval 0

Humiditeit 57%

Maandag

21°C / 10°C

Wind 9km/h

Reënval 0

Humiditeit 61%

Algemeen
Angus gaan ‘bid oor wat God vir hom gesê het’

Spesifieke veranderings in die land en behoeftes wat swaar op Suid-Afrikaners se harte druk, gaan nie noodwendig wees waarvoor Saterdag op die It’s Time-bidbyeenkoms buite Bloemfontein gebid gaan word nie.

Angus Buchan. Foto: Gallo Images

Só sê die evangelis Angus Buchan se dogter, Jilly Hull, wat saam met haar pa by die Shalom Ministries werk.

“Ons kry honderde versoeke vir spesifieke gebede, maar Saterdag gaan hy bid oor wat God vir hom gesê het.

“Die kern van die biddag is ook dat mense se harte moet verander vir ’n land om te kan verander,” sê sy.

Die geleentheid begin om 12:00.

Buchan het vroeër gesê daar sal gebid word vir ’n einde aan moorde, vernietiging, diefstal, korrupsie en verkragtings.

“Ons hoop die boodskap is so wyd moontlik versprei dat dit ’n multikulturele geleentheid is en enigiemand dit kan bywoon. Want alle Suid-Afrikaners word geraak,” sê sy.

Ds. Helgard Janse van Rensburg, Vrystaatse moderator van die NG Kerk, sê die behoefte vir ’n bidgeleentheid van die aard is groot.

“Ek is positief daaroor, want dit gaan nie goed met die land nie. Maar alles gaan nie noodwendig met ’n towerstaf reggestel word nie.

“My standpunt is mense moet hulle eers voor God verootmoedig. Daarmee bedoel ek hulle moet selfondersoek doen en probeer vasstel wat God vir hulle wil sê. Wil God nie vir die mense iets deur Suid-Afrika se droogte, ekonomie en politiek sê nie? En moet ek as mens nie dalk ook verander nie?”

Ds. Cassie Aucamp van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika sê verhoring van gebede gaan nie oor die grootte daarvan nie, maar die opregtheid daarvan.

Voorsiening word vir meer as ’n miljoen mense Saterdag gemaak.

“Niks is uitgesluit waarvoor gebid en nie gebid kan word nie. Ons land beleef ’n krisis. Daar moet gebid word vir owerhede om reg volgens God se wil te reageer,” sy hy in sy persoonlike hoedanigheid.

Past. At Boshoff van die Christian Revival Church (CRC) sê versoening, verdraagsaamheid en vrede in die land, asook ekonomiese welvaart, veral onder minderbevoorregtes, is die veranderings wat hy graag ná die biddag sou wou sien gebeur.

“Ons glo gebed bring verandering en dit is verblydend om te sien hoe mense van alle terreine in eenheid saamstaan.”

Volgens Andries November van die Victorious Faith Ministries-kerk dra hy nie kennis van die bidgeleentheid nie en kon nie ’n mening lug nie.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.