23 April 21:45
Kaapstad Verander Area

Maandag

24°C / 14°C

Wind 15km/h

Reënval 0

Humiditeit 53%

Dinsdag

24°C / 14°C

Wind 11km/h

Reënval 0

Humiditeit 49%

Woensdag

21°C / 17°C

Wind 23km/h

Reënval 0

Humiditeit 73%

Donderdag

20°C / 15°C

Wind 16km/h

Reënval 0

Humiditeit 71%

Vrydag

22°C / 14°C

Wind 15km/h

Reënval 0

Humiditeit 62%

Saterdag

25°C / 16°C

Wind 17km/h

Reënval 0

Humiditeit 52%

Algemeen
Baie op die spel in SA breinsport
Counterstrike: Go
Tekken Tag Tournament 2
Morizané Boyes van Witbank is ’n meeste van gevegskunste as dit kom by die speletjie Tekken. Hier spog sy met haar Protea kleure wat sy daarvoor verwerf het. Foto: Nelius Rademan
Jason Batzofin, die nasionale kampioen in skietspeletjies. Hy speel graag Counter-Strike: GO. Foto: Deon Raath

Morizané Boyes (29) van eMalahleni is hoogswanger, maar sy sal jou genadeloos kafdraf in karate, boks, capoeira, stoei of taekwondo.

Dit hang net af hoe vinnig jou vingers op die knoppies van ’n PlayStation of ’n Xbox kan beweeg. Want Boyes, ’n onderwyseres aan die HTS Witbank, is Suid-Afrika se ­Tekken-kampioen en sy het al internasionaal aan die Tekken Tag Tournament 2-kampioenskap deelgeneem.

“Soms speel ek teen die seuns by ons skool,” sê sy met ’n stout glimlag. “Maar hulle hou niks daarvan as ­hulle teen hul juffrou verloor nie.”

Jason Batzofin (17) is weer ’n uiters gevaarlike “shooter”.

Hy is ’n klein mannetjie wat skoolgaan aan die gesogte St. John’s College in Johannesburg, maar op Counter-Strike: Global Offensive kan hy mense aanlyn doodskiet soos ’n professionele skerpskutter.

Op sy skoolbaadjie pryk daar balkies omdat hy presteer in musiek, tennis en drama, maar dié jong man het, net soos Morizané, Proteakleure in wat bekend staan as breinsport.

Op Wikipedia pronk sy naam nou as Mind Sports South Africa (MSSA) se ­“Wargamer of the Year”.

As Counter-Strikenié jou ding is nie, kan jy ook meeding in League of Legends, ­Defence of the Ancients 2 ­­­
(Dota 2)
, FIFA (sokker), StarCraft, Tekken, Ultra Street Fight­eren Hearthstone.

Breinsport in Suid-Afrika bestaan al sedert 1985. Dit is hoofsaaklik geskep vir “sportsoorte” soos strategiese bordspeletjies, dambord, bakspel en selfs ­sudoku.

Maar nie skaak nie, want dié eeu oue bordspel het sy eie bestuursliggaam om internasionaal mee te ding.

In 1991 is rekenaarspeletjies by breinsport gevoeg en in 1998 het die spel Quake ook ’n “internasionale sport” geword.

Jason se Counter-Strike-span kon nie verlede jaar die wêreldkampioenskap in Seoel, Suid-Korea, bywoon nie. Hulle het in die Afrika-uitdunronde teen Egipte, Libië, Tunisië en Marokko uitgeval.

Vanjaar gaan Jason se nuwe “taakmag” opdraande kry, want daar is ’n witwarm groep seuns van die Rondebosch Boys’ High School wat ook die aandag van MSSA getrek het.

Die druk is hoog om te bepaal wie mag in Oktober aan die Wêreldkampioenskap in Djakarta, Indonesië, deelneem.

“Daar is nie ouderdomsbeperkings nie, maar jong mense tussen 17 en 25 presteer die beste in breinsport,” sê Colin Webster, algemene sekretaris van MSSA. “Selfs ’n gemiddelde strategiespel soos StarCraft vereis geweldige spoed, want daar gebeur maklik tussen 300 en 400 aksies per minuut op die skerm.

“In jou laat 20’s, soos met enige ander sport, raak ’n mens stadiger en raak die kans skraler om internasionaal mee te ding.

“Baie seuns wat aan breinsport deelneem, speel rugby ook. Dit help, want hulle verstaan die konsep van sport. Dit help as ’n mens aan fisieke sportsoorte ook deelneem, want só ontwikkel jy ’n beter sin vir breinkompetisie soos dié.”

Verlede jaar het tien Proteaspelers Seoel toe gegaan om aan League of Legends, StarCraft en Hearthstone deel te neem.

Dieselfde speletjies word nie elke jaar by die byeenkoms gespeel nie. Verlede jaar was Tekken nie deel van die kampioenskap nie en Morizané is nie saam Seoel toe nie. Sy hoop om wel vanjaar in Djakarta mee te ding.

jaco.nel@rapport.co.za

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.