26 April 13:48
Kaapstad Verander Area

Woensdag

20°C / 16°C

Wind 21km/h

Reënval 0

Humiditeit 78%

Donderdag

20°C / 15°C

Wind 15km/h

Reënval 0

Humiditeit 76%

Vrydag

22°C / 15°C

Wind 13km/h

Reënval 0

Humiditeit 66%

Saterdag

27°C / 17°C

Wind 21km/h

Reënval 0

Humiditeit 41%

Sondag

20°C / 17°C

Wind 17km/h

Reënval 0

Humiditeit 77%

Maandag

19°C / 15°C

Wind 17km/h

Reënval 0

Humiditeit 83%

Algemeen
Bekende raadslid van Mouillepunt sterf

Raadsheer Bronnie Harding, wat sowat 40 jaar lank aktief by gemeenskapsake en die politiek in Kaapstad betrokke was, is Saterdag in die ouderdom van 94 in die aftreeoord Clé du Cap in Tokai oorlede.

“Sy was ’n besige dame,” sê haar dogter, Hilary McLean. “Sy was altyd betrokke by burgerlike kwessies en sy was ’n baie hardwerkende stadsraadslid.”

Harding was 18 jaar lank voorsitter van die Dieprivier-belastingbetalersvereniging en het in 1972 Kaapstad se raadslid vir Dieprivier, Bergvliet, Meadowridge en Kirstenhof geword. Sy het 20 jaar onbestrede in die stadsraad gedien.

Sy was altyd aangetrek asof sy ernstige sake doen. Sy sou nooit in enigiets minder as ’n besigheidspakkie vir gemeenskapsvergaderings aanmeld nie en sy het die belastingbetalersvereniging ná haar diens as raadslid noukeurig bestuur.
Hilary McLean

Harding het later na Mouillepunt verhuis waar sy die belastingbetalersvereniging en V&A-veiligheidsinisiatief gestig het.

“Bronnie was regtig ’n staatmaker vir die Mouillepunt-gemeenskap. Sy wás die Mouillepunt-belastingbetalersvereniging,” sê JP Smith, burgemeesterskomiteelid vir veiligheid en sekuriteit wat voorheen die wyksraadslid in die Mouillepunt-gebied was. “In ’n stadium het die hele vereniging net uit haar en haar faksmasjien bestaan, maar sy was aktief genoeg vir ’n hele span mense.”

Smith sê Harding was ’n taai, vasberade vrou wat hand en tand vir haar woonbuurt baklei het.

“Sy was altyd aangetrek asof sy ernstige sake doen. Sy sou nooit in enigiets minder as ’n besigheidspakkie vir gemeenskapsvergaderings aanmeld nie en sy het die belastingbetalersvereniging ná haar diens as raadslid noukeurig bestuur.”

Smith sê dis te danke aan Harding dat veiligheidswagte op Segways die gebied patrolleer nadat sy die V&A-veiligheidsinisiatief, haar bekendste projek, begin het. “Dit het nou selfs tot by Seepunt uitgebrei,” sê hy. Dit is ook te danke aan haar ywer dat die promenade se seemuur opgeknap is.

Harding was ook ’n ywerige sakevrou en het in industriële en kommersiële eiendom gespesialiseer. Sy was ’n direkteur van Permanent Trust.

McLean sê Harding het ook groot empatie met minderbevoorregte mense gehad en sy het in verskeie komitees, onder meer die Rooi Kruis-raad en Cape Mental Health, gedien.

McClean sê Harding het weens ouderdom gesterf. Sy het die laaste paar jaar aan Alzheimer se siekte gely.

Haar suster, Yvonne Ralph, het verlede week van Johannesburg kom kuier en hulle het Harding Donderdag saam besoek. “Sy het goed gelyk, maar sy het ons nie herken nie. Sy is net skielik Saterdag oorlede,” sê McLean.

Harding laat haar twee dogters en vier kleinkinders agter. Haar man, Joe, is sowat 40 jaar gelede oorlede.

Volgens McLean het Harding baie toekennings gewen, waarvan die kosbaarste vir haar die Rotariërs se Paul Harris-toekenning vir diens aan die gemeenskap was.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.