29 Mei 23:01
Kaapstad Verander Area

Dinsdag

22°C / 14°C

Wind 13km/h

Reënval 0

Humiditeit 47%

Woensdag

19°C / 14°C

Wind 15km/h

Reënval 0

Humiditeit 71%

Donderdag

19°C / 13°C

Wind 18km/h

Reënval 0

Humiditeit 70%

Vrydag

22°C / 14°C

Wind 21km/h

Reënval 0

Humiditeit 50%

Saterdag

20°C / 16°C

Wind 36km/h

Reënval 7mm

Humiditeit 69%

Sondag

16°C / 14°C

Wind 13km/h

Reënval 2mm

Humiditeit 65%

Algemeen
Besige Mej. SA kuier in haar tuisdorp Sedgefield

Mej. Suid-Afrika, Demi-Leigh Nel-Peters, het die naweek ’n heldeontvangs gehad toe sy ’n blitsbesoek aan haar tuisdorp, Sedgefield in die Suid-Kaap, gebring het.

Dit is die eerste keer dat die 21-jarige Nel-Peters Sedgefield sedert haar kroning besoek het.

Nel-Peters het Vrydag op die George-lughawe gearriveer. Daar is sy ingewag deur ’n groep leerlinge en onderwysers, onder andere Frans de Swardt, van haar alma mater, die Hoërskool Outeniqua in George. De Swardt was destyds haar koshuisvader toe sy hoofmeisie van die skool, ook bekend as die Kwaggas, was.

Mej. Suid-Afrika, Demi-Leigh Nel-Peters, Sondag tydens die Paasparade by die Slow-fees in Sedgefield. Foto: Jackie Kruger
Mej. Suid-Afrika, Demi-Leigh Nel-Peters, poseer Sondag saam met feesgangers by die Slow-fees in Sedgefield. Foto: Jackie Kruger
Mej. Suid-Afrika, Demi-Leigh Nel-Peters wissel ’n woordjie met ’n besoeker by die Slow-fees in Sedgefield. Foto: Jackie Kruger

Sy was Sondag aan die voorpunt van die Paasparade tydens die jaarlikse Slow-fees in Sedgefield. Voor die parade begin het, moes sy bontstaan om vir foto’s saam met feesgangers te poseer en met oud en jonk ’n woordjie te wissel.

“Ek is terug in my tuisdorp, Sedgefield, en dit is so ’n groot eer om hier te wees,” sê sy. “Vandag is ’n spesiale dag. Dit is Paasnaweek en ook die Slow Festival,waarvan ek deel gaan wees. My hart borrel oor van blydskap.”

Sedert haar kroning is sy op ’n drafstap en moes sy Sondagaand weer na Johannesburg terugkeer.

“Ek is nie met vakansie nie. Hierdie was net ’n vinnige pit stop om hallo te sê vir almal. Dit is definitief nie ’n afnaweek nie. Maar dit is so lekker om almal te sien en almal se ondersteuning sover is wonderlik. Ek het ook ’n kans om vir almal net dankie te sê vir hul ondersteuning.”

Maandag is sy by die eindronde van die Varsitybeker in Pretoria.

“Ek het ook ’n hele paar events wat vir my wag. Volgende naweek is dit Kaapstad. So, dit is net besig, besig, besig, die heeltyd,” sê sy.

Volgens haar het die Suid-Kaap en Sedgefield ’n groot rol gespeel in haar grootwordjare. “Ek dink die Suid-Kaap het my geleer om my voete plat op die aarde te hou,” sê sy. “Die Suid-Kaap het my ook geleer wat dit regtig is om deel van ’n gemeenskap te wees en om vir jou mense om te gee.”


MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.