26 April 13:48
Kaapstad Verander Area

Woensdag

20°C / 16°C

Wind 21km/h

Reënval 0

Humiditeit 78%

Donderdag

20°C / 15°C

Wind 15km/h

Reënval 0

Humiditeit 76%

Vrydag

22°C / 15°C

Wind 13km/h

Reënval 0

Humiditeit 66%

Saterdag

27°C / 17°C

Wind 21km/h

Reënval 0

Humiditeit 41%

Sondag

20°C / 17°C

Wind 17km/h

Reënval 0

Humiditeit 77%

Maandag

19°C / 15°C

Wind 17km/h

Reënval 0

Humiditeit 83%

Algemeen
Betogers los 500 in tehuise sonder sorg, kos

Sowat 500 kinders, bejaardes en gestremde mense wat in verskeie Gautengse tehuise en sorgsentrums gewoon het, moes dringend geskuif word nadat stakende werkers dié pasiënte dae lank sonder kos, medisyne en basiese sorg gelaat het.

Die werkers betoog glo sedert verlede Maandag. Hulle eis dat hulle in ooreenstemming met hul kwalifikasies vergoed word en meer geld kry as hulle ver van die huis af moet werk.

“Ons verstaan hul probleme en ondersteun hul betoging, maar die manier waarop hulle dit doen is onaanvaarbaar. ’n Mens se lewe is kosbaar,” sê Mbangwa Xaba, woordvoerder van die Gautengse departement van maatskaplike ontwikkeling.

“Veiligheidsmaatreëls by die sentrums wat nie deur betogings geteiken is nie, is versterk.”

Sedert die betogings begin het, is ses werknemers in hegtenis geneem.

“Ons is baie bly daaroor. Ons hoop die inhegtenisneming van die werkers sal ’n voorbeeld wees vir die ander oor die gevolge van sulke gedrag.”

Die kinders daar was baie getraumatiseerd, bang en natuurlik honger.
Mbangwa Xaba

Die departement het Woensdag by die sorgsentrums en tehuise uitgekom nadat daar gerugte van betogings was.

Die hekke was glo met brandende buitebande versper en niemand kon in- of uitgaan nie. Medisyne en kos kon sedert verlede Maandag nie afgelewer word nie en wasgoed kon ook nie gedoen word nie.

“Die kinders daar was baie getraumatiseerd, bang en natuurlik honger,” sê Xaba.

“Ons moes die pasiënte na ander sorgsentrums neem, want ons is baie bekommerd oor die rigting waarin die betoging ontwikkel het. Ons probeer voorkom dat mense hul lewe verloor. Daar is baie kritieke (toestand) mense wat in die sorgsentrums woon wat hul medikasie nodig het. Daar was geen ander uitweg nie.”

Xaba het bevestig dat onderhandelinge met die werkers voortgaan.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.