26 April 13:46
Kaapstad Verander Area

Woensdag

20°C / 16°C

Wind 21km/h

Reënval 0

Humiditeit 78%

Donderdag

20°C / 15°C

Wind 15km/h

Reënval 0

Humiditeit 76%

Vrydag

22°C / 15°C

Wind 13km/h

Reënval 0

Humiditeit 66%

Saterdag

27°C / 17°C

Wind 21km/h

Reënval 0

Humiditeit 41%

Sondag

20°C / 17°C

Wind 17km/h

Reënval 0

Humiditeit 77%

Maandag

19°C / 15°C

Wind 17km/h

Reënval 0

Humiditeit 83%

Algemeen
Biblioteek trek Angie soos ’n magneet

Ellen Khambako sluit die biblioteek van die Mapaleni Primary School in Bosbokrand, Mpumalanga, oop. As bibliotekaresse is dit haar heiligdom. Die vloere blink. Kleurvolle stoele en groot boontjiesakke staan voor die boekrakke wat elk netjies gemerk is volgens die afdeling boeke wat dit verteenwoordig.

“Kyk, hier is ons oudio-afdeling,” wys Khambako na ’n ry stoeltjies by afskortings waar CD-spelers aan oorfone gekoppel is. “Hier kan die leerlinge na enige CD kom sit en luister.”

Op die koerantrak pryk Beeld naas twee Engelse koeranttitels.

“Die onderwysers en leerlinge kyk elke dag Beeld ook deur. Dis ’n baie goeie koerant,” sê Khambako.

Sy lag uit haar maag oor ’n vraag oor biblioteekfasiliteite in die dae toe sy nog self ’n tjokkertjie was. “Nee kyk, dit was ander dae. Nou is die kinders baie bevoorreg, want alles waaroor in die klas onderrig word, kan hulle hier kom naslaan.”

Dié biblioteek is die jongste toevoeging tot die laerskool wat in 2015 deur die nywerheidsontwikkelingskorporasie (IDC) “aangeneem” is vir ontwikkeling. Die IDC het al R10 miljoen op drie skole in Mpumalanga bestee om alles van klaskamers tot toilette reg te ruk.

“Ons fokus op die totale ontwikkeling van die skool. Dit help nie jy rig ’n rekenaarsentrum in en die kinders kan nie toilet toe gaan nie,” sê Neo Sebiloane, woordvoerder van die IDC. Sy sê die korporasie doen dié belegging juis om die volgende geslag nyweraars van die land toe te rus vir die taak wat op hulle wag.

Ellen Khambako, bibliotekaresse van die Mapaleni Primary School in Bosbokrand waar Beeld ook op die koerantrak pryk. Foto: Alet Joubert

Die biblioteek het Angie Motshekga, minister van onderwys soos ’n magneet getrek.

“Dis oor en oor bewys dat kinders wat lees hul akademiese vaardighede versterk.”

Motshekga het Vrydag die vennootskap met die IDC, die Nelson Mandela-stigting, Wipro en die Adopt-a-School-stigting verwelkom.

“ ’n Kind se akademiese prestasie word in die eerste vyf jaar van sy onderrig vasgelê.”

Sy sê Suid-Afrikaners het nog nie genoeg waardering vir kennis nie.

“In Rusland lees 85% van die bevolking gereeld en 65% van hulle is gevorderde lesers, soos akademici. In Suid-Afrika lees 85% van mense nié gereeld nie en het ons maar 5% gevorderde lesers. In plaas van speelgoed, sjokolade en blomme moet ons mekaar eerder boeke present gee!”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.