27 April 09:04
Kaapstad Verander Area

Donderdag

20°C / 16°C

Wind 14km/h

Reënval 0

Humiditeit 77%

Vrydag

22°C / 15°C

Wind 12km/h

Reënval 0

Humiditeit 65%

Saterdag

27°C / 18°C

Wind 24km/h

Reënval 0

Humiditeit 39%

Sondag

20°C / 17°C

Wind 17km/h

Reënval 0

Humiditeit 83%

Maandag

19°C / 16°C

Wind 14km/h

Reënval 0

Humiditeit 82%

Dinsdag

21°C / 15°C

Wind 28km/h

Reënval 0

Humiditeit 67%

Algemeen
‘Bokswêreld het legende verloor’

Die sportwêreld het Vrydag met skok gereageer op die nuus dat die legendariese Suid-Afrikaanse boksafrigter Nick Durandt in ’n motorfietsongeluk naby Clarens in die Vrystaat dood is.

“Hy (Durandt) was een van die bestes. Hy was ’n wonderlike mens en ’n roemryke afrigter en bestuurder,” het die wêreldbekende skeidsregter Stan Christodoulou Vrydagaand gesê.

“Ek het Vrydagaand eers die nuus gehoor en ek is diep geskok. Nick was ’n wonderlike mens en die bokswêreld het ’n legende verloor.”

Volgens Christodoulou het hy Durandt en sy seun nog onlangs by ’n promosiegeveg in Kempton Park gesien.

“Nick was saam met van sy biker-vriende daar en het regtig baie goed gelyk. Hy het baie gewig verloor en was in ’n goeie luim. Hy het dadelik toe hy my sien vir my ’n drukkie kom gee,” het Christodoulou gesê.

Durandt, ook die president van die Crusaders-motorfietsklub, was volgens berigte Vrydagmiddag tussen Bethlehem en Clarens in die Vrystaat in ’n botsing met ’n ander voertuig betrokke.

Durandt, wat meer bokskampioene as enige ander Suid-Afrikaanse afrigter na bo gehelp het, het verlede jaar ná sowat 30 jaar se betrokkenheid by die sport uitgetree.

Hy was 53.

Durandt het altesaam 95 Suid-Afrikaanse kampioene in al 17 gewigsafdelings, 30 wêreldkampioene en 27 internasionale kampioene deur die WBC-, WBA-, IBF-, WBO-, WBF- en IBO-organisasies opgelewer.

Van die uitstaande boksers wat onder sy hand wêreldtitels verower het, is Thulani “Sugarboy” Malinga, die driemalige Suid-Afrikaanse en wêreldkampioen Phillip Ndou, Cassius Baloyi, Silence Mabuza, Isaac Hlatshwayo, Jacob Mofokeng, Jeffrey Mathebula, Malcolm Klassen, Simphiwe Nongqayi, Hawk Makepula, Zolani Tete en Moruti Mthalane.

Hy het ook gehelp met die afrigting en kondisionering van Hasim Rahman, die Amerikaner wat Lennox Lewis in April 2001 by Carnival City naby Brakpan geklop het. Lewis is destyds as die onbetwiste swaargewigkampioen van die wêreld beskou.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.