26 April 17:35
Kaapstad Verander Area

Donderdag

20°C / 15°C

Wind 14km/h

Reënval 0

Humiditeit 77%

Vrydag

22°C / 15°C

Wind 12km/h

Reënval 0

Humiditeit 66%

Saterdag

27°C / 17°C

Wind 20km/h

Reënval 0

Humiditeit 41%

Sondag

20°C / 17°C

Wind 15km/h

Reënval 0

Humiditeit 80%

Maandag

19°C / 16°C

Wind 17km/h

Reënval 0

Humiditeit 84%

Dinsdag

21°C / 16°C

Wind 28km/h

Reënval 0

Humiditeit 67%

Algemeen
‘Buys’ en ‘Nagmusiek’ wen weer
Willem Anker Foto: LEÁNNE STANDER

Buys, ’n Grensroman deur Willem ­Anker is met die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns se Hertzogprys vir prosa bekroon.

Buys en Nagmusiek deur Stephanus Muller het, soos met die UJ- en die kykNET-Rapport-boekpryse, gemaai onder die buit.

Muller is gister deur die akademie met die Eugène Marais-prys bekroon. Dié prys word toegeken vir ’n eerste of vroeë letterkundige werk.

Terwyl Anker in reaksie gesê het dit is ’n “enorme eer, bevestiging en aanmoediging en voel op die oomblik nog heeltemal onwerklik”, was Muller net so oorbluf.

“Dit beteken geweldig baie.

“Ek is ’n tradisionalis en vind dit hoogs betekenisvol dat my werk in ’n tradisie van toekennings ingeneem word, as’t ware. Nog meer omdat die werk homself teen tradisie opstel. Die akademie se toeëiening van hierdie subversiwiteit deur die toekenning van so ’n prestigeryke prys aan Nagmusiek verskaf my baie vreugde.”

Met die skryf van die boek het Muller gesê het hy hoegenaamd nie dié reaksie verwag nie.

Ander pryse en wenners wat die Akademie terselfdertyd aangekondig het, is:

  • Adam Small: Erelidmaatskap van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns.
  • Paul C. Venter: Deleen Bekkery-prys vir beste draaiboek van ’n TV-drama in Afrikaans.
  • Marita van der Vyver: Scheepersprys vir jeuglektuur vir Swemlesse vir ’n meermin.
  • Katinka Heyns: Erepenning vir rolprentkuns.
  • Carel van der Merwe: Protea Boekhuisprys vir beste gepubliseerde werk in Afrikaans vir Donker stroom: Eugène Marais en die Anglo-Boereoorlog.

Besoek www.akademie.co.za vir al die wenners. 

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.