30 April 18:33
Kaapstad Verander Area

Maandag

19°C / 16°C

Wind 14km/h

Reënval 0

Humiditeit 82%

Dinsdag

20°C / 15°C

Wind 16km/h

Reënval 0

Humiditeit 71%

Woensdag

22°C / 15°C

Wind 13km/h

Reënval 0

Humiditeit 68%

Donderdag

21°C / 16°C

Wind 12km/h

Reënval 0

Humiditeit 68%

Vrydag

18°C / 16°C

Wind 19km/h

Reënval 0

Humiditeit 74%

Saterdag

17°C / 16°C

Wind 22km/h

Reënval 0

Humiditeit 81%

Algemeen
Dagga-navorser rook self nooit

Die professor wat as die oupa van mediese navorsing oor marijuana beskou word, het onlangs gepraat oor sy lewenslange fassinasie met die chemiese samestelling van die cannabis-plant en gesê dat hy nog nooit dagga gerook het nie.

Raphael Mechoulam (86), ’n professor aan die Hebrew-universiteit in Jerusalem in Israel, het reeds in die jare sestig begin om die cannabis-plant te bestudeer.

Hy het ontdek die plant bevat twee psigo-aktiewe bestanddele, naamlik tetrahydrocannabinol (THC) en cannabidiol (CBD), wat nou deur wetenskaplikes ondersoek word vir die behandeling van onder meer pyn en kanker.

Mechoulam het aan Culture Magazine gesê hy het onwetend die wet verbreek toe die polisie vir hom die dagga gegee het om sy eerste eksperimente uit te voer. Hy het later monsters van die Israeliese ministerie van gesondheid ontvang.

Ek het dit nog nooit gebruik nie

“Ek het dit nog nooit gebruik nie,” het hy gesê. “Aangesien ek navorsing gedoen het en ’n amptelike voorraad van dagga ontvang het, sou die gebruik daarvan vir nie-wetenskaplike redes ons werk kon kniehalter. Nie ek of my studente het egter ooit belanggestel om dit te gebruik nie.”

Sy werk het ook die brein se endocannabinoïde stelsel geïdentifiseer. Dit speel ’n rol in ’n mens se gemoed, asook geheue en die sensasie van pyn.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.