18 Augustus 22:15
Kaapstad Verander Area

Saterdag

20°C / 10°C

Wind 11km/h

Reënval 0

Humiditeit 52%

Sondag

18°C / 12°C

Wind 23km/h

Reënval 0

Humiditeit 57%

Maandag

15°C / 12°C

Wind 31km/h

Reënval 10mm

Humiditeit 81%

Dinsdag

14°C / 11°C

Wind 37km/h

Reënval 6mm

Humiditeit 64%

Woensdag

13°C / 10°C

Wind 24km/h

Reënval 6mm

Humiditeit 79%

Donderdag

13°C / 10°C

Wind 34km/h

Reënval 0

Humiditeit 58%

Algemeen
Dieregroep vat hond ná 3de keer in strik
Beverly Rademeyer, inspekteur van die Animal Anti-Cruelty League (AACL), kyk na die teef wat vir ’n derde keer ’n valstrik in Port Elizabeth oorleef het. Die kleiner tefie by Rademeyer is saam met dié ouer hond geskut. Foto: WERNER HILLS

Die einste teefhond wat minstens twee dae lank deur ’n reun opgepas is terwyl sy in ’n valstrik vir kleinwild vasgesit het, is die afgelope naweek vir ’n derde keer in ’n valstrik in dieselfde gebied aangetref.

Dié keer het die Animal Anti-Cruelty League (AACL) in Port Elizabeth geen genade betoon nie en daar is op die teef, asook ’n drie maande oue tefie, beslag gelê.

“Ons kan nie net waarsku en waarsku nie. Ons moet aan die hond se oorlewing dink,” sê Beverly Rademeyer, inspekteur van die AACL in die stad.

Rademeyer is einde Februarie na die St. George-strand ontbied waar ’n hond se getjank twee dae aaneen in nabygeleë bosse gehoor is.

Ons het gehoop dat dit nie dieselfde hond is nie, maar dit was wraggieswaar dieselfde teef wat weer in ’n valstrik in dieselfde bosse vasgevang is.
Beverly Rademeyer, inspekteur van die AACL

’n Reunhond het in dié tydperk oor die ontwaterde teef gewaak en ná haar vrylating saam met haar terug huis toe gedraf.

Die honde-eienaar is gewaarsku om die huis te beveilig om die honde op die erf te hou.

Die afgelope naweek het Rademeyer weer ’n oproep van ’n inwoner in die gebied ontvang om te sê ’n huilende hond is Vrydagnag gehoor.

“Ons het gehoop dat dit nie dieselfde hond is nie, maar dit was wraggieswaar dieselfde teef wat weer in ’n valstrik in dieselfde bosse vasgevang is.

“Sy was verskriklik maer en dors.”

Volgens Rademeyer het sy ook van haar kollegas verneem dat dieselfde hond ’n week vroeër ook uit ’n valstrik in dieselfde gebied gered is.

“Dit beteken dat die hond nou drie keer buite haar eienaar se erf was en drie keer ’n vreeslike dood kon sterf.”

Sonder om twee keer te dink het Rademeyer Saterdagmiddag die nodige papierwerk aan die hond se eienaar voorgelê en aangeraai dat die honde eerder aan die AACL oorgegee moet word.

“Die eienaar wou nog stry, maar ek het genoem dat die honde geen grensmuur het wat hulle binnehou of ’n slaaphok het nie en boonop ondervoed voorkom. Die eienaar het besef dat daar geen ander uitweg is as om die dokumente te teken nie.”

Rademeyer besef alte goed dat sy die reeds oorvol hondehokke van die AACL onder druk plaas deur die honde te skut, maar sy is hoopvol dat ’n “waardige” nuwe eienaar die twee honde sal aanneem.

“Albei honde is pragtig en vriendelik. Ek glo dat hulle vinnig by ’n nuwe huis sal aanpas.”

* Om die honde ’n nuwe huis te bied, kan Rademeyer by 041 456 1776 gebel word.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.