21 Julie 12:29
Kaapstad Verander Area

Vrydag

17°C / 11°C

Wind 10km/h

Reënval 0

Humiditeit 59%

Saterdag

17°C / 11°C

Wind 19km/h

Reënval 0

Humiditeit 60%

Sondag

17°C / 11°C

Wind 9km/h

Reënval 0

Humiditeit 59%

Maandag

17°C / 11°C

Wind 10km/h

Reënval 0

Humiditeit 44%

Dinsdag

15°C / 9°C

Wind 29km/h

Reënval 7mm

Humiditeit 63%

Woensdag

14°C / 8°C

Wind 15km/h

Reënval 0

Humiditeit 58%

Algemeen
'Ek gaan elke geloofseksklusiewe skool aanvat'

“Ek gaan nou my bes doen om elke liewe skool wat ’n uitsluitlik Christelike etos het, aan te vat.”

Hans Pietersen, voorsitter van die Organisasie vir Godsdiensonderrig en Demokrasie (Ogod).Foto: Felix Dlangamandla/Argief

So sê Hans Pietersen, voorsitter van die Organisasie vir Godsdiensonderrig en Demokrasie (Ogod), oor die hooggeregshof in Johannesburg se beslissing dat een geloof by openbare skole nie bo ’n ander geloof bevorder mag word nie.

Die uitspraak is “fantastiese” nuus, sê Pietersen.

“Dit was ’n nege jaar lange stryd om te sorg dat skole hulself nie mag identifiseer met een spesifieke geloof nie. Dit is nou amptelik onwettig verklaar. Ons sal nou sorg dat elke skool die wet reg toepas,” sê Pietersen.

Ogod wou hê die hooggeregshof moes die Laerskool Randhart in Alberton, die Laerskool Baanbreker in Boksburg, die Laerskool Garsfontein in Pretoria, die Hoërskool Linden in Johannesburg, die Hoërskool Oudtshoorn en Langenhoven Gimnasium in Oudtshoorn se godsdiensbeleid ongrondwetlik verklaar.

Elijah Mhlanga, woordvoerder van die departement van basiese onderwys, sê skoolbeheerliggame sal nou die skole se beleid moet hersien en in ooreenstemming met die Grondwet, die Skolewet en die departement se beleid oor geloof moet bring indien dit nie reeds so is nie.

Mhlanga sê die uitspraak verbied nie gelowe by skole nie en onderstreep die huidige beleid oor geloof by skole.

Mhlanga het beklemtoon dat geloof net by skole op ’n gelykwaardige basis beoefen moet word en dat die bywoning daarvan vrywillig moet wees.

Paul Colditz, uitvoerende hoof van die Federasie van Beheerliggame van Suid-Afrikaanse Skole (Fedsas).Foto: Nelius Rademan/Argief

“Die doel is nie om godsdienstige praktyke in skole te belet nie. Dit gaan oor die beskerming van kinders en om te benadruk dat skole deel behoort te wees van opvoeding oor godsdiens eerder as onderrig in godsdiens. ’n Skool behoort nie een godsdiens bo ’n ander te bevorder nie,” sê Mhlanga.

Paul Colditz, die uitvoerende hoof van die Federasie van Beheerliggame van Suid-Afrikaanse Skole (Fedsas), het in ’n verklaring gesê: “Hierdie uitspraak is nie soortgelyk aan die Amerikaanse model van skeiding tussen kerk en staat nie. Dit is eerder die bekragtiging van die Suid-Afrikaanse Grondwet se klem op verdraagsaamheid en diversiteit.”

Die Cause for Justice (CFJ), wat as vriend van die hof (amicus curiae) toegelaat is tot die saak, het in ’n verklaring gesê die hof het bevind Suid-Afrika is nie ’n sekulêre staat nie.

"Volgens ons het die hof se beslissing die plek van godsdiens in die openbaar bevestig, spesifiek in openbare skole, terwyl dit vereis skole nie hulself bemark op ’n wyse wat minderhede kan uitsluit nie.”

Die vakbondbeweging Solidariteit het die uitspraak verwelkom. 

“Beheerliggame behou steeds die reg en bevoegdheid om die etos en geloofspraktyke van 'n betrokke skool te bepaal, mits dit voldoen aan die riglyne wat in die Skolewet vervat is,” het Juran van den Heever, woordvoerder van Solidariteit, in ’n verklaring gesê.

*Hierdie berig is bygewerk sedert dit gepubliseer is.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.