22 Augustus 20:41
Kaapstad Verander Area

Woensdag

14°C / 11°C

Wind 18km/h

Reënval 0mm

Humiditeit 78%

Donderdag

14°C / 11°C

Wind 27km/h

Reënval 0mm

Humiditeit 59%

Vrydag

16°C / 11°C

Wind 24km/h

Reënval 0

Humiditeit 61%

Saterdag

18°C / 10°C

Wind 24km/h

Reënval 0

Humiditeit 56%

Sondag

19°C / 11°C

Wind 16km/h

Reënval 0

Humiditeit 57%

Maandag

21°C / 10°C

Wind 9km/h

Reënval 0

Humiditeit 61%

Algemeen
Eksklusief: Kyk Steve se 6de (en laaste) ‘Afrika-kind’
Steve Hofmeyr saam met sy pasgebore klein Romy-Lee wat 2,9 kg weeg. Foto: Verskaf

Steve Hofmeyr is vir nou eers klaar.

Sy sesde “Afrika-kind” is Maandagoggend gebore en dis die laaste een, sê hy.

“As dit in my vrou (Janine) se hande was, sal daar nog enetjie wees. Maar miskien moet ek nou ophou. Ek wil darem daar wees as hulle matriekafskeid toe gaan. Ek is nou klaar daarmee,” sê ’n trotse Steve (52) ’n paar uur ná klein Romy-Lee Hofmeyr se geboorte Maandagoggend in Pretoria om 08:11.

“Ek het bygedra tot die witaanwas-probleem op my manier,” spot hy en lag.

Hy is opgewonde en lag baie.

Maar hy huil ook.

“Ek het al vier keer getjank. Ek huil as ek haar sien. Sy is pragtig.”

Hy is ook positief oor haar toekoms in Suid-Afrika.

As dit in my vrou (Janine) se hande was, sal daar nog enetjie wees. Maar miskien moet ek nou ophou
Steve Hofmeyr

“Dis nie ’n geheim dat ek nie baie optimisties is nie, jy weet. Maar as ek nie hoop gehad het of lig in die tonnel gesien het nie, het ek al lankal net gewaai.

“Ek sou net vir my kinders gesê het ‘kom ons waai’, want ons kan. Ek het nogal geloof in Suid-Afrikaners. Gewone mense wat die land wil maak werk. Ek wil hê my kind moet hier grootword,” sê hy.

Sy moet ’n “Afrika-kind” wees, sê hy.

“Sy moet ook ’n Afrikaner wees. Sy moet in Afrikaans groot gemaak word. En sy het lang bene. So ek voorspel sy gaan tennis speel of netbal of ’n model wees.”

Janine het dié langbeentjie met ’n keisersnee die lig laat sien.

Sy (Janine) was baie sterk deur dit alles. Janine het nog nie opgehou lag sedert sy swanger geraak het nie en sy glimlag steeds. Sy sit hier oorkant my.”

Romy-Lee onderbreek die gesprek.

“Aa! Hier kom haar eerste klankies uit!” vertel hy opgewek.

En die eerste pakkie wat sy aan het?

“Ag, ’n pienke, ek weet nie wat daarop is nie.”

Janine val hom in die rede. ’n Kort stilte heers. Hy luister en antwoord weer: “Dis fyntjies met ’n bietjie kant. ’n Klein pienk . . . Wat noem jy daai? Jumpsuit. Daar’s hy.”

Romy-Lee styf toegedraai in Steve Hofmeyr se arms. Sy is Maandagoggend omstreeks 08:11 gebore. Foto: Verskaf

Hy sê dis dalk ook nog ’n bietjie te vroeg om te sê, maar hy is bevrees sy is mooier as sy ander kinders.

“In die eerste maand lyk alle babas vir my soos Winston Churchill. Maar hierdie enetjie is prágtig.”

Daar is mense wat al baie lank wag vir hierdie pragtige enetjie en al lank baie hard gebid het en nou baie verheug is dat sy nou hier en gesond is, sê hy.

Romy-Lee Hofmeyr se voetjie. Foto: Verskaf

“Daar is soveel mense wat rêrig omgee en ag, sulke goeie vibes. Tannies het al goeters vir ons gebrei van laas jaar af, jy weet. So ons is baie dankbaar vir almal.”

Sy het “kamers vol geskenke en is baie bederf”.

“O my jis, jy wil nie weet hoeveel geskenke sy het nie. Daar is nie ’n kind wat meer bederf is voor geboorte as hierdie een nie. ’n Kamer vol goeters.

“Sy het alles wat in-plug, alles wat biep maak, alles wat blink. Sy het ’n tipe van paleis waarin sy bly. Alles hang met fairy lights en goeters van die dak af. Sy is wragtig ’n bevoorregte enetjie.”

Hy sê hulle sal eers later ’n volledige foto van Romy-Lee wys wanneer hulle gereed is, maar “hou dit vir nou eers privaat”.

Steve het later laat weet: “Sy’t tussen baie skreeuende babas nog nie ’n piep gemaak nie. Sy is taai soos haar mamma.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.