29 Junie 04:14
Kaapstad Verander Area

Donderdag

16°C / 9°C

Wind 23km/h

Reënval 0

Humiditeit 67%

Vrydag

14°C / 12°C

Wind 13km/h

Reënval 9mm

Humiditeit 86%

Saterdag

16°C / 12°C

Wind 10km/h

Reënval 0

Humiditeit 80%

Sondag

15°C / 11°C

Wind 19km/h

Reënval 0

Humiditeit 75%

Maandag

16°C / 12°C

Wind 10km/h

Reënval 0

Humiditeit 81%

Dinsdag

16°C / 12°C

Wind 16km/h

Reënval 0

Humiditeit 80%

Algemeen
Ex-Dineo bring swaar reën oor Limpopo, Mpumalanga
Ná swaar reën oornag, is dit sopnat in die omgewing van Punda Maria in die noorde van Limpopo. Foto: Sarel van der Walt

Die hemele het behoorlik deur die nag oor Limpopo en Mpumalanga oopgemaak.

Die swaar reën is die gevolg van Ex-Dineo, die laagdrukstelsel wat die volgende paar dae oor die noorde van Suid-Afrika beweeg.

Ernstige oorstromings word in Limpopo en die suide van Mosambiek verwag.

Groot waterplasse was teen vroeg Vrydagoggend op talle plekke in Limpopo en Mpumalanga te sien. Kort ná 07:00 het die reën nog sonder ophou in die omgewing van Punda Maria in die Vhembe-distrik neergesif.

Dit het laat Donderdagaand oor die noorde van die Krugerwildtuin begin reën. Gedurende die nag het die reën vir ’n ruk opgehou voordat emmersvol reën later weer begin uitgesak het.

In die Krugerwildtuin is grondpaaie en kampe in die verre noorde vroeër as voorsorgsmaatreël gesluit.

Gaste wat in die Bateleur- en Sirheni-boskamp sou bly, is na veiliger kampe verskuif. Die Olifants- en Nyalaland-wildernisstaproete is ook tydelik gesluit.

By Woodbush in Limpopo is 99.5 mm gemeet

In die Georges Valley-omgewing naby Tzaneen is 55 mm oornag gemeet, sê dr. Theo de Jager van Agri Limpopo. Ander plekke in dié omgewing het ook goeie neerslae gehad, sê hy.

By Malelane in Mpumalanga is 38 mm aangeteken.

Die verwagting is dat dit die hele dag sal reën.

’n Rampbestuursentrum is in Shingwedizi in die noorde van die Krugerwildtuin begin om die situasie te monitor.

’n Woordvoerder van die Mopani-distrisraad sê hoewel dit oornag gereën en die wind sterk gewaai het, is geen ernstige skade nog aangemeld nie.

’n Helikopter staan in Hoedspruit gereed vir moontlike reddingsoperasies.

Hou Netwerk24 dop vir meer inligting soos die storie ontwikkel.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.