26 Junie 19:13
Kaapstad Verander Area

Dinsdag

15°C / 12°C

Wind 16km/h

Reënval 0

Humiditeit 78%

Woensdag

15°C / 12°C

Wind 11km/h

Reënval 10mm

Humiditeit 62%

Donderdag

16°C / 9°C

Wind 19km/h

Reënval 0

Humiditeit 68%

Vrydag

15°C / 12°C

Wind 20km/h

Reënval 9mm

Humiditeit 81%

Saterdag

16°C / 10°C

Wind 13km/h

Reënval 0

Humiditeit 71%

Sondag

16°C / 12°C

Wind 14km/h

Reënval 0

Humiditeit 78%

Algemeen
Fietsryers van die Kaap na biddag in Bloem

’n Groep van 20 fietsryers het die oggend van Paassondag van Kaappunt af op ’n fietstoer vertrek om “ ’n gebedslyn te trek” van die Kaap tot in Bloemfontein vir Angus Buchan se gebedsbyeenkoms Saterdag.

Meer as ’n miljoen mense word by die biddag verwag.

24 busse uit Kaapstad en ’n trein uit Worcester neem ook mense na die byeenkoms, sê Merentia van der Vent, woordvoerder van die organiseerders.

Die fietsryers sal Donderdag in Bloemfontein aankom met 1 100 km agter die blad.

Onder hulle is ’n hele paar bekendes soos Balie Swart, voormalige Springbokstut en lid van die span wat in 1995 die Wêreldbeker verower het, Frans Cronjé, wat die fliek Faith Like Potatoes gegrond op Buchan se boek gemaak het, Michael Louis, sakeman en oudpolitikus van die ACDP, en Graham Power, voorsitter van die Power Groep en inisieerder van die fietstoer.

Die fietsryer Amaury Bragga het selfs van Brasilië af gevlieg om deel van die ondersteuningspan te wees.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.