30 Mei 11:20
Kaapstad Verander Area

Dinsdag

22°C / 12°C

Wind 14km/h

Reënval 0

Humiditeit 44%

Woensdag

18°C / 14°C

Wind 14km/h

Reënval 0

Humiditeit 74%

Donderdag

18°C / 13°C

Wind 17km/h

Reënval 0

Humiditeit 70%

Vrydag

22°C / 12°C

Wind 11km/h

Reënval 0

Humiditeit 52%

Saterdag

21°C / 16°C

Wind 41km/h

Reënval 0

Humiditeit 64%

Sondag

17°C / 14°C

Wind 15km/h

Reënval 3mm

Humiditeit 65%

Algemeen
Gesin ‘stukkend’ ná 13-jarige op boeredag sterf
Anja NelFoto: Facebook

’n Dag van pret waarna ’n gesin van Rouxville lank uitgesien het, het in ’n treurspel geëindig toe hul enigste dogter op ’n boeredag in ’n ongeluk dood is.

Anja Nel (13), enigste dogter van Jaco en Anso Nel, het Saterdagmiddag ná ’n motorfietsongeluk op die plaas Middelplaattz by Rouxville aan haar beserings beswyk.

’n Gebroke Jaco kon Sondag die trane nie keer nie toe hy vertel hoe sy “Anna-ke-pan” – sy troetelnaam vir sy dogter – skielik van hulle weggeruk is.

Volgens Jaco het Anja, ’n gr. 8-leerling aan die Hoërskool Zastron, omstreeks 14:40 ’n walletjie met haar motorfiets getref toe hulle as gesin aan ’n fun run op die boeredag deelgeneem het.

Nadat Anja se motorfiets die walletjie getref het, is sy van die motorfiets geruk en het sy langs haar valhelm en motorfiets langs ’n heining te lande gekom.

Haar boetie, Wilco, het die ongeluk sien gebeur.

“Ek weet nie hoe dit gebeur het nie. Ek kan nie veel onthou van wat ná die ongeluk gebeur het nie. Al wat ek kan onthou, is hoe ek minute later my erg beseerde kind langs haar valhelm en motorfiets aangetref het.”

Volgens Jaco het hulle as gesin baie na die dag uitgesien en het Anja selfs vir ’n kamp wat sy dié naweek in Bloemfontein moes bywoon nee gesê.

“Ons het lank na die dag uitgesien. Al wat sy wou doen, was motorfiets ry.”

Al wat sy wou doen, was motorfiets ry.
Jaco Nel

Hy sê hulle is as gesin stukkend en verpletter oor hul dogter en suster se skielike dood.

“Pappa se maltrap, vrolike, liefdevolle, lewenslustige, Anna-ke-pan. Pappa, Mamma en boetie is stukkend, stukkend. Hoe verskriklik gaan ons nie na jou verlang nie, my liefieding. Jy het ons so baie geleer, laat skaterlag. Ek weet nie hoe om aan te gaan sonder jou nie – pappa se prinses. Ons gaan jou so bitterlik baie mis. Vir ewig en altyd sal jy in ons harte bly.”

Sers. Yanga Ngcukana, polisiewoordvoerder, het die voorval bevestig.

Hy sê ’n klag van strafbare manslag word ondersoek.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.