23 Augustus 14:02
Kaapstad Verander Area

Woensdag

14°C / 12°C

Wind 19km/h

Reënval 0mm

Humiditeit 78%

Donderdag

14°C / 12°C

Wind 28km/h

Reënval 3mm

Humiditeit 60%

Vrydag

16°C / 11°C

Wind 26km/h

Reënval 0mm

Humiditeit 63%

Saterdag

16°C / 11°C

Wind 25km/h

Reënval 0

Humiditeit 63%

Sondag

18°C / 12°C

Wind 33km/h

Reënval 0

Humiditeit 54%

Maandag

20°C / 9°C

Wind 14km/h

Reënval 0

Humiditeit 51%

Algemeen
God wys twee leiers aan hom uit, beweer pastoor
“Helder soos dié glas water. So helder hoor ek God se stem,” sê past. Johan Roos van Bloemfontein wat vir 40 dae vas en bid vir Suid-Afrika .Foto: Mlungisi Louw

’n Bejaarde Bloemfonteinse pastoor trek Saterdag by sy 19de dag van vas en gebed van 40 dae vir Suid-Afrika en sy mense. En die Here het reeds twee politici aan hom uitgewys wat hy moet gaan salf om die land vorentoe te neem, sê dr. Johan Roos (73).

Roos sê hy bid onophoudelik dat die Here vir hom moet wys wat die inwoners van Suid-Afrika moet doen, sodat God dié land wat besig is om te verval, sal red. “God is reeds besig om deur Sy Heilige Gees met my te praat.”

Hy verwys na ’n stuk uit 1 Sam. 11: “Môre as die dag op sy warmste is, sal daar uitkoms wees . . .”

Roos glo God sal Suid-Afrika red, mits sy inwoners hulle voor Hom verootmoedig, op hul knieë gaan en tot Hom bid.

“Bekeer julle en bid onophoudelik dat die Here ’n einde aan dié verwoesting, korrupsie, moord, plaasmoorde, diefstalle ensovoorts sal bring, en glo soos ’n kind dat God uitkoms sal bring.”

Roos sê die Here het reeds twee Suid-Afrikaanse politici aan hom uitgewys wat hy moet gaan salf. Dit is twee wat in staat sal wees om die land vorentoe te neem, maar hy wil nie die name verklap nie.

Dit is twee wat in staat sal wees om die land vorentoe te neem, maar hy wil nie die name verklap nie.

Hy wil eers self met daardie politici in verbinding tree en aan hulle die boodskappe oordra wat “God my gegee het om vir hulle te gee”.

Roos sê hy het die afgelope 19 dae reeds 10 kg verloor, “maar ek wil nie die klem op die gewigsverlies laat val nie, want dit gaan nie daaroor nie”.

Hy sê hy eet heeltemal niks nie, en drink net rooibostee met ’n bietjie heuning, koffie met bruinsuiker en water. Hy eet geen vastestowwe nie.

“Ek is nie ’n politikus nie en ek hoef ook nie een te wees om te weet dat die land in ’n totale gemors is nie. Die groot getalle werkloses maak my baie bekommerd, asook die geweld en moorde.”

Die land is deurweek van korrupsie en staatskaping, terwyl miljarde rande gesteel word. Die land het tot rommelstatus gedaal en die ekonomie het in ’n resessie verval.

“Al dié toestande het my as landsburger erg bekommerd.

“Die gevolg is dat ek ernstig begin bid het vir ons land en die toestand waarin dit verkeer. In my gebed het ek die Here gevra om iets te doen om die land te verander. Die Here het toe deur die Sy Heilige Gees vir my gesê: ‘Jy vra ek moet iets doen, maar wat doen jy?’ ”

Hy sê dit is God wat vir hom gewys het om so te vas en te bid en om mense aan te moedig om een dag per week saam het hom te vas en te bid.

Mense wat saam wil bid en vas, kan hom bel by 072 146 1343.

* Roos het in 2013 ’n eredoktorsgraad van die Trinity International Bible University in Kimberley ontvang vir ’n “loopbaan daaraan gewy om mense na die Here te lei”.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.