24 Junie 07:21
Kaapstad Verander Area

Saterdag

15°C / 9°C

Wind 16km/h

Reënval 0

Humiditeit 63%

Sondag

16°C / 11°C

Wind 20km/h

Reënval 0

Humiditeit 64%

Maandag

18°C / 10°C

Wind 9km/h

Reënval 0

Humiditeit 60%

Dinsdag

17°C / 13°C

Wind 11km/h

Reënval 0

Humiditeit 69%

Woensdag

15°C / 13°C

Wind 40km/h

Reënval 10mm

Humiditeit 79%

Donderdag

14°C / 9°C

Wind 11km/h

Reënval 0

Humiditeit 64%

Algemeen
Hoof se vrou ook ‘lief’ vir juffrou
Eloise en Danie le Roux. Eloise se briewe is ontdek toe die plaaseienaar waardevolle items uit die huis gehaal en in houers geplaas het.

Die vrou van die Paarlse skoolhoof wat na bewering ’n verhouding gehad het met ’n onderwyseres wat in Wellington doodgebrand het, het sélf liefdesbriewe aan Sunita van Dyk, die onderwyseres, ­geskryf.

Die briewe, onderteken deur Eloise le Roux en een in haar eie handskrif, is ná die brand op 10 Mei op die plaas Oakdene gevind, het onberispelike bronne naby aan die geregtelike doodsondersoek aan Rapport gesê.

In een van die briewe, wat in die puin van die huis ontdek is, skryf
Eloise aan Sunita sy is haar “sielsmaat”.

Eloise is getroud met Danie le Roux, skoolhoof van die Laerskool Paarl Gimnasium, waar Sunita ook skool ­gegee het.

Eloise skryf sy was nog nooit so lief vir iemand gewees soos vir Sunita nie.

Eloise skryf sy was nog nooit so lief vir iemand gewees soos vir Sunita nie.

In een brief skryf sy glo sy is “groen van jaloesie” dat Sunita op ’n naweekkamp gaan waar talle ander vroue sou wees.

Sy het gewonder wie in haar afwesigheid dan vir Sunita haar “pilletjies” sou aandra.

Sunita (31) en haar man, Jacques (30), is albei dood toe hul huis afgebrand het. Die egpaar se lyke is in die badkamer gevind. Hulle het huweliksprobleme gehad voor hulle dood is.

Die polisie het gesê geen misdaad word vermoed nie, maar die afgelope week het News24 berig ’n lykskouingsverslag het getoon dat Sunita ’n “nekbesering” gehad het. Dit kan moontlik daarop dui dat sy verwurg is.

Verkool: Sunita en Jacques van Dyk. Luidens ’n lykskouingsverslag het ­Sunita ’n “nekbesering” gehad.

In die week ná die brand het Rapport WhatsApp-boodskappe gepubliseer waarin Sunita teenoor ’n vertroueling haar frustrasie uitspreek oor ’n “obsessiewe” verhouding met ’n kol­lega wat sy as “Danie” geïdentifiseer het.

Danie le Roux het aanvanklik heftig ontken dat hy dié Danie is met wie Sunita aangedui het sy geslaap het.

Voorverlede week het hy egter in ’n skrywe aan ouers by die skool geskryf dat hy “in ’n poging om iemand te mentor en te help . . . die grens van professionaliteit oorskry” het.

“Ek en my vrou het op ’n persoonlike en emosionele vlak toegelaat dat een van ons personeellede te naby aan ons kom,” het Le Roux geskryf.

Die Le Rouxs het kort ná die brand in ’n advertensie in Die Burger wat aan die Van Dyks gerig was, geskryf: “Liefste Jacques en Sunita, julle was vir ons bitter kosbare vriende. Sunita . . . met jou het ons ’n ekstra spesiale band gehad. Lief jou vir altyd meer, koekie.”

Eloise was na bewering ná die brand so ontsteld dat sy behandeling moes ontvang. Haar briewe is ontdek toe die plaaseienaar en Jacques se werkgewer, Neil Innes, waardevolle items uit die huis gehaal en in houers geplaas het. Volgens bronne is “baie medikasie” ook gevind.

Die advertensie wat die Le Roux-egpaar ná die Van Dyks se dood in Die Burger geplaas het.

Die Van Dyks het ’n huweliksberader geraadpleeg nadat Sunita aan haar man oor die affair gebieg het.

Oor die merke aan Sunita se nek, het ’n huisvriend gesê enige suggestie dat Jacques sy vrou sou verwurg, is belaglik.

“Hy het vuurwapens asook Sunita se pa se vuurwapen(s) in die kluis ­gehad.”

Luidens berigte het Eloise le Roux die oggend ná die brand ’n slotmaker na die plaas gebring om Sunita se motor oop te sluit. Sy was daarna drie keer weer op die toneel.

Jacques se familie het aan Rapport gesê hulle het ’n speurder aangestel om die omstandighede van die brand sowel as die verhoudings van Sunita met die mense om haar te ondersoek.

Danie le Roux het by navraag oor die liefdesbriewe deur sy vrou aan ­Sunita gesê: “Julle het die storie so verkeerdom dit is eintlik belaglik. Ons stel nie meer belang om deel te wees van die sirkus nie.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.