18 Augustus 22:16
Kaapstad Verander Area

Saterdag

20°C / 10°C

Wind 11km/h

Reënval 0

Humiditeit 52%

Sondag

18°C / 12°C

Wind 23km/h

Reënval 0

Humiditeit 57%

Maandag

15°C / 12°C

Wind 31km/h

Reënval 10mm

Humiditeit 81%

Dinsdag

14°C / 11°C

Wind 37km/h

Reënval 6mm

Humiditeit 64%

Woensdag

13°C / 10°C

Wind 24km/h

Reënval 6mm

Humiditeit 79%

Donderdag

13°C / 10°C

Wind 34km/h

Reënval 0

Humiditeit 58%

Algemeen
Hulp stroom in vir mense van Imizano Yethu
Skenkings stroom in na die skoolsaal van die Laerskool Kronendal in Scott Estate naby Houtbaai. Die skool is ’n versamelpunt vir skenkings aan die inwoners van Imizamo Yethu. Foto: Facebook

Kapenaars het die afgelope paar dae hul harte en beursies oopgemaak vir die gemeenskap van Imizamo Yethu nadat ’n verwoestende brand meer as 15 000 mense haweloos gelaat het.

Leerlinge van drie skole in die gebied – die Silikamva High School, die Oranjekloof Moravian Primary School en die Disa Primary School – is deur die brand geraak, sê Jessica Shelver, woordvoerder van Debbie Shäfer, minister van die Wes-Kaapse onderwysdepartement.

By die Silikamva High School het 120 leerlinge al hul besittings verloor. Teen Maandagmiddag het Angus Duffet, skoolhoof, en sy personeel R500 000 met die hulp van verskeie organisasies ingesamel om skoolklere en -boeke te vervang.

Common Good, ’n nieregeringsorganisasie, het R100 000 geskenk aan leerlinge van die Oranjekloof Moravian Primary School wat in Imizamo Yethu woon.

Die huise van 100 leerlinge van die Disa Primary School het afgebrand, asook dié van drie onderwysers.

Gerda van der Westhuizen, skoolhoof, sê 100 leerlinge het nuwe skoolklere en handboeke gekry, wat deur ’n skenker betaal is.

Kos, soos toebroodjies en vrugtepakkies, is aan ouers gegee en personeel maak ook kerrie en rys vir inwoners van Imizamo Yethu, sê Shelver.

Ryan O’Connor, radio-aanbieder van Kfm se ontbytprogram, het Maandag skenkings van R800 000 ingesamel, wat sal gaan om die inwoners te help om hul lewe te herbou.

Pick n Pay het ook Sondag, nadat die Kaapstad-fietstoer weens stormsterk winde gekanselleer moes word, onder meer energiedrankies en eetgoed wat vir die fietstoer gebruik sou word, aan die inwoners geskenk.

Die Shoprite-groep het sy winkels landwyd beskikbaar gestel as versamelpunte vir skenkings. Hy het ook ’n sopkombuis begin om vir die komende week kos aan inwoners te verskaf. Verskeie kospakkies is ook uitgedeel aan inwoners en sy vragmotors is beskikbaar gestel om skenkings van versamelpunte na die gemeenskap te vervoer.

Shoprite het ook sy klante aangemoedig om skenkings van so min as R5 by sy betaalpunte te maak ten bate van die Imizamo Yethu-gemeenskap.

Die Silikamva High School se deure is oopgestel vir leerlinge wat weens die brand nie ’n heenkome het nie. Gemeenskapsale in die omgewing huisves ook diegene wat nie ’n heenkome het nie.

Intussen het Thula Thula Foundation, ’n organisasie sonder winsbejag, gevra dat mense met dienste of produkte die mense van die informele nedersetting help.

Die organisasies sê hy is desperaat vir voorraad wat daagliks by Ambleskool in Houtbaai afgelewer kan word:

* Toiletware (seep, tandepasta, tandeborsels, toiletpapier, nat doekies om baba’s mee af te vee, babadoeke, tampons, sanitêre doekie, waslappe);

* Brood en smeergoed om toebroodjies te maak;

* Niebederfbare kosse;

* Water en ander drinkbare vloeistowwe;

* Energiedrankies;

* Energiestafies, en versnaperings met baie suiker;

* Dose, ziplock-sakkies; en

* Beddegoed.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.