23 Junie 22:39
Kaapstad Verander Area

Saterdag

15°C / 10°C

Wind 16km/h

Reënval 0

Humiditeit 63%

Sondag

16°C / 11°C

Wind 20km/h

Reënval 0

Humiditeit 64%

Maandag

18°C / 10°C

Wind 9km/h

Reënval 0

Humiditeit 60%

Dinsdag

17°C / 13°C

Wind 11km/h

Reënval 0

Humiditeit 69%

Woensdag

15°C / 13°C

Wind 39km/h

Reënval 10mm

Humiditeit 78%

Donderdag

14°C / 10°C

Wind 10km/h

Reënval 0

Humiditeit 64%

Algemeen
IS ‘wil SA se tieners werf’
Die paspoorte wat IS aan hul lede toeken, asof hulle ’n erkende staat is. Foto: Verskaf
’n Rybewys van die Suid-Afrikaanse IS-leier, Aqeel Kloberie, wat gevind is nadat hy blykbaar Donderdag deur Irakse soldate doodgeskiet is. Foto: Verskaf

Minstens drie Suid-Afrikaanse tieners wat die terreurorganisasie Islamitiese Staat (IS) ondersteun, ontvang behandeling om vreedsaamheid bo ’n terroristiese ideologie te kies.

“Mense is naïef as hulle dink IS spits hulle nie op Suid-Afrika toe nie, hulle soek juis ons tieners,” sê Jasmine Opperman, Afrika-direkteur by die Konsortium vir Terrorismenavorsing en -ontleding (Trac).

Die tieners se ouers het agtergekom dat hul kinders tydens persoonlike gesprekke en op sosiale netwerke die terreurorganisasie se optrede en stellings ondersteun. Die tieners het blykbaar op IS-propagandamateriaal afgekom terwyl hulle op hul persoonlike sosialenetwerkrekeninge was.

Die bekommerde ouers het toe Trac genader om hul kinders te oortuig om IS se ideologie te verwerp.

“Die ouers het gelukkig die probleem vroeg genoeg geïdentifiseer en dit maak die kans vir suksesvolle deradikalisering moontlik,” sê Opperman.

Die “deradikaliseringsproses” is nie daarop gemik om IS se ideologie te verkleineer nie, want die ondersteuners glo dat dit reg is. Die doelwit van die behandeling is om ondersteuners te oortuig om in die land te bly omdat hier meer geleenthede is. Hulle kan ook hier vreedsaam hul geloof uitleef, wat 'n beter alternatief is as om in Sirië en Irak te gaan veg, sê Opperman.

Die department van staatsveiligheid sê hulle is bewus van IS-propaganda wat aanlyn gesirkuleer word.

“Ons sal aanhou om die situasie in Suid-Afrika, SAOG-lande en reg oor die wêreld te monitor, maar ons stel voor dat almal versigtig is wanneer hulle op sosiale netwerke is,” sê Brian Dube, woordvoerder van die department.

Opperman sê IS is teenwoordig in Suid-Afrika en dat die jong mense meer gereeld deur dié terreurorganisasie genader word.

Hoewel IS se hoofteikengroep wêreldwyd jong mense tussen die ouderdomme van 16 en 24 is, word jong Suid-Afrikaners tussen 15 en 20 jaar oud genader om die wapen vir dié organisasie op te tel.

Mense word nie net na IS deur sosiale netwerke gelok nie. Daar is Suid-Afrikaners wat webwerwe het wat mense help om hulle by IS aan te sluit, maar regstreekse werwing gebeur die meeste by skole, sê Opperman.

Volgens Trac se IS-aktiwiteitopname in Suid-Afrika is die terreurorganisasie veral doenig in Johannesburg, Kaapstad en Port Elizabeth.

Tog is jong mense nie IS se enigste teikengroep in Suid-Afrika nie

Aqeel Kloberie (44), ’n Suid-Afrikaner, is verlede week ontmasker as ’n leier van IS in die Baiji-gebied, noord van Tikrit in Irak, nadat sy rybewys in sy broek gevind is toe hy blykbaar Donderdag deur die Irakse weermag doodgeskiet is. Opperman sê sy dood is nog nie bevestig nie.

Kloberie was in Junie nog in die land toe Absa weens agterstallige betalings op sy motor beslag gelê het. Sy laaste bekende adres is in Lephalale, Limpopo, maar hy het blykbaar ook gereeld in ’n huis in Benoni gaan bly.

’n Saak is onlangs teen ’n Durbanse man, Julian Moore, aanhangig gemaak nadat hy ’n IS-vlag in sy tuin laat wapper het.

Drie families het einde verlede jaar na Irak verhuis om hul name by IS se vegterslys te voeg. Een familie wat uit 21 mense tussen die ouderdom van 15 en 62 bestaan, het later na Suid-Afrika teruggekeer toe hulle na bewering ontevrede was oor hoe IS hulle behandel het.

Die familielede is by O.R Tambo- internasionale lughawe ondervra en die polisie ondersoek die saak, maar niemand is nog in hegtenis geneem nie, sê Dube.

Die kans dat IS-lede in Suid-Afrika skuiling vind, is ook groot as ’n mens kyk na die swak immigrasiestelsel en sekuriteit by die grense, sê Opperman.

Dube sê die department se inligting dui daarop dat tans geen terreurdreigemente in die land is nie.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.