22 Augustus 20:43
Kaapstad Verander Area

Woensdag

14°C / 11°C

Wind 18km/h

Reënval 0mm

Humiditeit 78%

Donderdag

14°C / 11°C

Wind 27km/h

Reënval 0mm

Humiditeit 59%

Vrydag

16°C / 11°C

Wind 24km/h

Reënval 0

Humiditeit 61%

Saterdag

18°C / 10°C

Wind 24km/h

Reënval 0

Humiditeit 56%

Sondag

19°C / 11°C

Wind 16km/h

Reënval 0

Humiditeit 57%

Maandag

21°C / 10°C

Wind 9km/h

Reënval 0

Humiditeit 61%

Algemeen
It’s Time: ‘As ons nie nóú bid . . .’
Die kampeerders Eben Theron en sy vrou, Alida, het van Kranspoort in Mpumalanga gery om self die belewenis van honderdduisende Christine wat saam bid mee te maak. Foto: Mlungisi Louw
Kinders speel Vrydag met ’n bal op die stuk grond op Wildeals waar gekamp word. Behalwe ’n toilet en ’n waterpunt is geen ander geriewe beskikbaar gestel nie. Foto: Mlungisi Louw

Kampeerders wat Vrydag vroegmiddag reeds van oor die land heen in Bloemfontein gearriveer het vir die It’s Time-bidbyeenkoms, is dit eens die tyd is nóú ryp daarvoor en dat hulle erg bekommerd is.

Die 15-jarige Jaqueline Deysel van Witrivier het ’n ooievaarstee opgegee om na Bloemfontein te reis, want volgens haar moet dringende veranderinge vinnig kom. “Die plaasmoorde en geweld in die strate moet verander. Ek wil graag met gemak in die strate kan rondloop,” het sy gesê.

Roelien du Plessis (48), een van ’n groep mense van Ermelo wat almal in die sakewêreld werk, het aangevoer dat as daar nie nou vir die land gebid word nie, gaan Suid-Afrika tot ’n einde kom.

“Dit gaan hier oor die toekoms van ons kinders en kleinkinders waaroor ons bekommerd is.”

Eben Theron (77) en sy vrou, Alida (76) het van

Kranspoort gekom omdat hulle nie op die kantlyn wou sit en kyk hoe dinge gebeur nie, maar dit self wil beleef.

“Ek is opgewonde oor ’n geestelike ontwaking wat ek verwag. Daar is ’n diep bekommernis en ’n groot besef van nood in die land, dis ’n geestelike nood, hoewel ek nie dink mense het al moed verloor nie.

“Die noodtoestand gaan egter nie verander voordat mense hulle na die Here wend nie. Die Here gebruik hierdie geleentheid om Suid-Afrika tot op sy knieë te dwing. Dit begin alles by gebed en verootmoediging,” het hy gesê.

Jurie Cilliers (27) van Vereeniging het gesê hy is nes al die ander wat na Wilde Als gaan om te bid, geroep.

“Almal wat hierheen kom, is soekend. Ek het gekom om ’n boodskap te kry. Ons land moet nou regkom.

“Die eerste keer wat ek na so ’n geleentheid was, was dit teen my sin. Ek het op ’n Mighty Men-saamtrek (wat deur Angus Buchan gelei is), met drank daar aangekom en gedink dit gaan ’n lekker mannekamp wees. By die tweede saamtrek het ek tot bekering gekom,” het Cilliers gesê.

Volgens Tollie du Plessis (38), wat drie vorige Mighty Men-byeenkomste bygewoon het, het hy Vrydag met sy aankoms op die kampterrein dieselfde gevoel as daar ervaar.

“Die hare op my rug het regop gestaan. Daai gevoel wanneer ’n paar duisend mense gelyk amen sê, is ’n onbeskryflike lekker gevoel, ek sien uit daarna.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.