24 Junie 07:28
Kaapstad Verander Area

Saterdag

15°C / 9°C

Wind 16km/h

Reënval 0

Humiditeit 63%

Sondag

16°C / 11°C

Wind 20km/h

Reënval 0

Humiditeit 64%

Maandag

18°C / 10°C

Wind 9km/h

Reënval 0

Humiditeit 60%

Dinsdag

17°C / 13°C

Wind 11km/h

Reënval 0

Humiditeit 69%

Woensdag

15°C / 13°C

Wind 40km/h

Reënval 10mm

Humiditeit 79%

Donderdag

14°C / 9°C

Wind 11km/h

Reënval 0

Humiditeit 64%

Algemeen
Jong dokter Vrydag begrawe
Dr. Willem-Schalk Blaauw sal Vrydag om 11:00 op sy ouers se plaas, Sandlaagte, begrawe word.Foto: Facebook

Dr. Willem-Schalk Blaauw, die jong narkotiseur wat Sondagoggend dood in ’n huis in Upington aangetref is, word Vrydag op sy ouers se plaas begrawe.

Medelye van vriende en kollegas het die afgelope week vir Blaauw op die sosiale media ingestroom.

Blaauw was ’n oudleerling van die Hoërskool Duineveld en het aan die Universiteit van die Vrystaat gestudeer.

Attie Jooste, Blaauw se swaer, sê die begrafnis sal op die familieplaas, Sandlaagte, sowat 100 km buite Upington gehou word.

Jooste sê kennisse wat ’n laaste eer aan Blaauw wil betoon, is welkom om die begrafnis by te woon. Die verrigtinge sal om 11:00 begin.

’n Aanwysingsbord na die plaas sal by die pad aangebring word.

Blaauw word deur sy ouers, Andries en Ryna, en sy suster, Magdaleen Jooste, ’n dokter in die pediatriese eenheid van die Dr. Harry Surtie-hospitaal, oorleef.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.