21 Julie 12:29
Kaapstad Verander Area

Vrydag

17°C / 11°C

Wind 10km/h

Reënval 0

Humiditeit 59%

Saterdag

17°C / 11°C

Wind 19km/h

Reënval 0

Humiditeit 60%

Sondag

17°C / 11°C

Wind 9km/h

Reënval 0

Humiditeit 59%

Maandag

17°C / 11°C

Wind 10km/h

Reënval 0

Humiditeit 44%

Dinsdag

15°C / 9°C

Wind 29km/h

Reënval 7mm

Humiditeit 63%

Woensdag

14°C / 8°C

Wind 15km/h

Reënval 0

Humiditeit 58%

Algemeen
Joost was platsak
Joost en Amor op hul troudag in 2002.

Joost van der Westhuizen se boedel bestaan uit ’n haelgeweer, ’n sleepwa, twee horlosies en ’n paar sente wat waarskynlik nie genoeg is om die boedelkoste te delg nie.

Luidens die voorlopige inventaris wat Rapport onder oë gehad het, was daar uiteindelik baie min oor van die eertydse rugbyheld se rykdom.

Die boedel – voordat enige skuld­eisers na vore kom – bestaan uit
R2 293 300.

R2 miljoen hiervan is Joost se helfte van die huis in Dainfern, Johannesburg, waarin sy vervreemde vrou, Amor, en twee kinders woon.

Sy persoonlike besittings soos huisraad, aandenkings uit sy rugbydae en rugbytruie en -baadjies, en die res is R204 300 werd. Die oorblywende bedrag is R89 000 in kontant.

Die inventaris lys geen beleggings, polisse of pensioene nie.

“Waar is die pensioenfonds en die lewensversekering?” het Amor aan Rapport gevra.

Ek wéét Joost was baie lief vir ons kinders en daarom maak die puzzle dat hy nie nou vir hulle voorsiening gemaak het nie, eenvoudig nie sin nie.

Die regskoste en eksekuteursgeld moet ook uit die boedel betaal word, bevestig Odette Schwegler, woordvoerder van die Van der Westhuizen-familie.

Net die oordrag- en regskoste om Joost se gedeelte van die huis aan Amor oor te dra beloop meer as die beskikbare kontant.

Nico van Gijsen, ’n onbetrokke gesertifiseerde finansiële beplanner en ­belastingpraktisyn, sê die eksekuteursgeld sonder belasting is gewoonlik 3,5% van ’n boedel. Met belasting, indien die eksekuteur ’n geregistreerde finansiële beplanner of prokureur met sy eie maatskappy is, is die geld 3,99% van ’n boedel. Dit beteken tussen sowat R80 265 en R91 502 sal moontlik aan ’n eksekuteur betaal moet word.

Joost en Amor saam met hul kinders, Jordan en Kylie, in gelukkiger dae. Foto:

In sy fleur was Joost ’n direkteur van minstens 20 maatskappye. Hy het verskeie suksesvolle ondernemings besit, agt eiendomme gehad en hy was die gesig van eiendomsontwikkelingsprojekte bo en behalwe sy imposante sportloopbaan.

Hy het ’n topverkoperboek geskryf en die wêreld vol gereis om bewustheid te kweek vir die motorneuronsiekte wat hom jare lank afgetakel het.

Joost het verskeie eksperimentele behandelings – ook in Amerika – ondergaan en tot aan die einde net die beste leefstyl vir sy kinders verseker.

In September verlede jaar het hy nog R385 000 van die getrouheidsfonds vir prokureurs gekry nadat sy voormalige prokureur en vriend hom ingeloop het.

Amor sal die bietjie wat oor is, erf ingevolge ’n ou, geldige testament wat die meester van die hooggeregshof aanvaar het nadat Joost se 2015-testament verwerp is.

Hy het in laasgenoemde testament gesê “Amor mag niks erf nie” en sy kinders, as hulle hul van verander, ook nie.

Weke lank se gekibbel oor die testamente en planne om die hooggeregshof te vra om tog maar die 2015-testament te aanvaar, is bygelê toe die Van der Westhuizens berus het by die feit dat Amor maar dít wat oor is kan hou.

Schwegler het bevestig dat die Van der Westhuizens nie die geveg verder gaan voer nie.

Amor en Joost was binne gemeenskap van goedere getroud toe hy in Februarie dood is en Amor is in naelkouspanning oor of daar dalk skuldeisers gaan wees waarvoor sy nou moet pa staan.

“Ek wéét Joost was baie lief vir ons kinders en daarom maak die puzzle dat hy nie nou vir hulle voorsiening gemaak het nie, eenvoudig nie sin nie.

“Ek wil nie baklei nie en ek het geweet daar is nie baie in die boedel oor nie, maar ek sou graag wou beplan,” het Amor aan Rapport gesê.

Sy het gesê Joost het geweier om enige geldkwessies met haar te bespreek en herhaaldelik net gesê die kinders sal versorg wees.

Toe hy ’n perd vir Kylie gekoop het, het sy gewaarsku dit kos baie geld om ’n perd te onderhou, maar hy het steeds voortgegaan.

“Perdry is Kylie se lewe, maar om ’n perd te onderhou is duur.”

Schwegler sê Joost hét voorsiening gemaak. “Joost het in werklikheid alles vir sy kinders nagelaat. Hulle bly die begunstigdes van die (J9-) trust.”

Sy sê die trust besit twee meenthuise en die kinders kan van die inkomste daarvan leef. Hulle kry R18 000 per maand.

Sean Hefferman, Amor se prokureur, sê dit is eintlik min as ’n mens in ag neem dat Jordan, hul seun, spesiale mediese sorg nodig het weens sy gehoorprobleme en hul kinders in private skole is. Amor meen steeds die Van der Westhuizens het hulle in die verleentheid gestel deur hulle nie ingelig te hou oor die finansies nie en onder meer rekeningnommers van hulle weerhou het.

“Dit is waarom ons krag afgesny is. Nie omdat ék nie kon betaal nie, maar omdat ek byvoorbeeld nie inligting oor die Eskom-rekeningnommer, lewensversekering en versekering, wat in Joost se naam was, gehad het nie.

“In die laaste vier maande moes ek al ons rekeninge betaal, soos Jordan se spraakterapierekeninge van Desember, wat nog nie deur Joost betaal is nie.

“Maar ons is in dié tyd oorval deur blessings, want ek het heelwat werk gekry.”

Amor sê sy wil graag die huis op haar naam kry, sodat sy dalk ’n dansskool kan oopmaak, of dit kan verkoop om na ’n kleiner plek toe te trek indien dit nodig is.

Schwegler sê hulle het ’n paar weke gelede alle rekeningnommers vir Amor se regspan aangestuur.

“Ons gaan nie kommentaar lewer op die bewering dat Amor nie die rekeninge kon betaal nie,” sê Schwegler.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.