22 Augustus 20:34
Kaapstad Verander Area

Woensdag

14°C / 11°C

Wind 18km/h

Reënval 0mm

Humiditeit 78%

Donderdag

14°C / 11°C

Wind 27km/h

Reënval 0mm

Humiditeit 59%

Vrydag

16°C / 11°C

Wind 24km/h

Reënval 0

Humiditeit 61%

Saterdag

18°C / 10°C

Wind 24km/h

Reënval 0

Humiditeit 56%

Sondag

19°C / 11°C

Wind 16km/h

Reënval 0

Humiditeit 57%

Maandag

21°C / 10°C

Wind 9km/h

Reënval 0

Humiditeit 61%

Algemeen
Jou gids vir biddag in Bloem
Angus BuchanFoto: Elizabeth Sejake

Om ’n miljoen mense bymekaar te kry om saam vir die land te bid, verg deeglike beplanning. Hier is ’n paar riglyne om Saterdag by die It’s Time-gebedsbyeenkoms op die plaas Wilde Als buite Bloemfontein in gedagte te hou.

Mense word gevra om nie langs die pad stil te hou nie. Die organiseerders van It’s Time het parkeer- en kampeerplekke aangewys waar jy jou voertuig kan parkeer of onder die Vrystaatse sterre kan kampeer.

As jy oorslaap, los jou kampeertoerusting of woonwa op die aangewysde plekke.

Indien jy ’n parkeerplek op die webtuiste bespreek het, hou by die tyd wat jy gekies het. Daar is slegs 1 000 parkeerplekke per uur beskikbaar.

Al wat jy vir die gebedsbyeenkoms nodig het, is genoeg water en kos vir ongeveer 12 uur, ’n stoel of piekniekombers en jou Bybel.

Onthou dat die Vrystaatse son baie onvergewensgesind kan wees, so maak seker jy het ’n hoed en genoeg sonskerm byderhand.

Vir die koel aande en oggende is dit wys om ’n lekker warm baadjie in te pak. Maak ook seker jy het gemaklike skoene aan om tot by die byeenkoms te stap.

Hoewel daar 1 000 tydelike toilette en 30 000 rolle toiletpapier is, is dit altyd goed om jou eie rol saam te neem, net vir ingeval.

Geen regstreekse uitsendings of “live streaming” word toegelaat nie. Los maar ook jou hommeltuig by die huis.

Vir bejaardes en gestremdes is daar ’n afsonderlike gebied met aparte ablusiegeriewe. Vir dié met gehoorgestremdheid is daar tolke wat Buchan se boodskap sal oordra.

Maak seker jou kind skree nie blou moord wanneer hy of sy tussen die mense verdwaal het nie. As jou kind wegraak, sal dit op die groot skerms aangekondig word en sal hy veilig by die inligtingstente gehou word totdat sy familie hom kom haal. Om veilig te wees, skryf jou naam, van en kontaknommer op jou kind se arm.


MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.