26 Junie 21:02
Kaapstad Verander Area

Dinsdag

15°C / 12°C

Wind 16km/h

Reënval 0

Humiditeit 78%

Woensdag

15°C / 12°C

Wind 11km/h

Reënval 10mm

Humiditeit 62%

Donderdag

16°C / 9°C

Wind 19km/h

Reënval 0

Humiditeit 68%

Vrydag

15°C / 12°C

Wind 20km/h

Reënval 9mm

Humiditeit 81%

Saterdag

16°C / 10°C

Wind 13km/h

Reënval 0

Humiditeit 71%

Sondag

16°C / 12°C

Wind 14km/h

Reënval 0

Humiditeit 78%

Algemeen
Jurie Roux: Lees die finale KPMG-verslag hier
Jurie Roux (Foto: Nasief Manie)

Rugbybaas Jurie Roux het rekenkundige voorskrifte by die Universiteit Stellenbosch (US) geïgnoreer en sagteware gebruik om oordragte na die Maties se rugbyklub te verdoesel.

Dit is deel van ’n rits bevindings in die ouditfirma KPMG se finale verslag na ’n ondersoek oor beweerde ongerymdhede by die US se studentegeldkantoor.

Die US het die verslag ingevolge die Wet op die Bevordering van Toegang tot Inligting (PAIA) aan Netwerk24 gegee. Dit na ’n uitgerekte hofstryd vroeër waarin Roux wou verhoed dat die voorlopige verslag in die openbare domein beland.

Die finale verslag vorm nou die basis vir ’n regsmening wat deur die prokureur Michael Katz vir die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru) voorberei word. Katz word beskou as een van die land se voorste kenners van maatskappyereg.

Dis onduidelik wanneer die Katz-mening aan Saru oorhandig sal word.

KPMG het die verslag ook aan die polisie se direktoraat vir prioriteitsmisdaadondersoeke (die Valke) gegee, soos wat die Wet op Voorkoming en Bestryding van Korrupte Aktiwiteite vereis.

Dit bevestig die vernaamste aantygings teen Roux en sy makker, die afgedankte US-werknemer Chris de Beer, soos in die voorlopige verslag uiteengesit.

Die voorlopige verslag is in Augustus 2013 aan die US oorhandig.

Die dekblad van die finale KPMG-verslag.

Die finale verslag is in Desember 2013 aan ’n senior ondersoeker (sy naam is aan Netwerk24 bekend) van die Valke oorhandig.

Dit is opgevolg deur nóg ’n KMPG-ondersoek wat in Maart 2014 voltooi is.

Roux se dienskontrak is in Augustus 2014 deur Saru verleng.

KPMG bevind in sy finale verslag Roux het:

* Die US se finansiële stelsels tussen 2002 en 2010 gemanipuleer;

* Ongerymde en ongemagtigde finansiering van R35 miljoen uit die universiteitsreserwes aan die Maties se rugbyklub en vir ander uitgawes oorgedra;

* R21 miljoen aan die rugbyklub oorgedra, R9 miljoen vir “algemene uitgawes” aangewend en R5 miljoen vir beurse gebruik.

KPMG kon nie bewyse kry dat Roux en De Beer persoonlik deur die oordragte verryk is nie. Daar is egter vrae oor ’n konflik van belange omdat De Beer ’n sportagentskap bedryf het wat uit US-betalings kon voordeel trek. Roux was direkteur van dié onderneming.

“Die volle omvang van samewerking tussen De Beer en Roux is onduidelik. Dit is egter duidelik, gegrond op rekenkundige bewyse en onderhoude met betrokkenes, dat albei saamgespan het in die wegsteek en/of wanvoorstelling van besteding aan die rugbyklub en rugbyspelers.

“Roux het rugbyspelers deur middel van ongeldige beurse gefinansier en De Beer het die beurse gebruik om skuld van spelers (Chean Roux en Peter Grant) te delg.

“Voorts het Roux vir De Beer laat weet hy het R400 000 in ‘sparries’ vir laasgenoemde gelos nadat hy die US se diens verlaat het,” sê KPMG.

Die KMPG-verslag se inhoudsopgawe. DPCI staan vir die polisie se direktoraat vir prioriteitsmisdaadondersoeke (die Valke).

Frikkie Erasmus, Roux se regsverteenwoordiger, het vroeër gesê hoewel hy nie kommentaar gaan lewer nie, sy kliënt alle aantygings teen hom ontken.

Andy Colquhoun, Saru-woordvoerder, wou verlede week geen kommentaar lewer oor die kwessie nie.

Dit is onduidelik of Saru se bestuur of die uniepresidente die KPMG-verslae al gelees het.

* Die volledige verslag sal Dinsdag op Netwerk24 gepubliseer word.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.