Stel ons op die proef, vir nuus wat jy kan vertrou. Registreer vir 30 dae gratis
Algemeen
Kaapse Karnaval sit haar kleurvolste voet voor

Die Kaap het Saterdagaand op ’n winderige aand sy eie weergawe van die Rio-karnaval gehou, en daarby ook met ’n sterk bewusmakingsboodskap: Spaar water.

Sowat 40 000 mense is verwag vir die jaarlikse gebeurtenis, met vanjaar se tema van “AMAZA! – Oseaanswerftog”.

Hier is een van die talle sierwaens en 2 000 dansers wat aan die parade deelgeneem en hul danspassies gewys het. Foto: Jaco Marais

Besoekers het reeds van vroegmiddag hul kampstoele in Somerset-weg uitgepak om ’n voorrysitplek te kry.

Dit was ’n fees vir die oog: Sierwaens is uit drake en lewensgrootte poppe gebou, dansgroepe het bestaan uit van tradisionele Afrika-, Chinese en Indiese dansers en daar was selfs ook menseredders van die NSRI, die brandbestryders en trompoppies wat die skare vermaak het.

Die Kaapse Karnaval het soos in vorige jare weer Kapenaars en besoekers aan die Moederstad in hul duisende na Groenpunt gelok. Vanjaar se tema was “AMAZA! – Oseaanswerftog” en is juis gekies om mense van die watertekort bewus te maak. Foto: Jaco Marais

Patricia de Lille, Kaapse burgemeester, het vlugtig voor die aanbreek van die verrigtinge met die media gepraat en gesê die oseaan-tema is juis gepas om mense aan te moedig om water te bespaar. “Ons moet water beskerm en bespaar. Hierdie tema dra by om die boodskap uit te dra dat ons baie ernstig is oor droogte terwyl mense hulself geniet.”

Sy het ook gesê dat hulle die karnaval in die toekoms verder wil uitbrei. “Ons wil die karnaval laat groei sodat ons lande van Afrika en Suider-Afrika ook kan insluit. Ons het klaar vanjaar die Chinese en Brazilianers wat deelneem. Ons wil wys dat ons inklusief is en dat almal die Kaap moet geniet.”

Die skare het by tye verstom gestaan en videos met hul selfone van die deelnemers gemaak en ander tye saamgedans soos wat die troepe verby hulle beweeg het.

Denise Stirrat van Rondebosch sê dit was haar derde jaar op die Kaapse karnaval en ’n geleentheid wat sy nie sommer laat verbygaan nie. “Dit is vir my wonderlik om te sien hoe so ’n geleentheid die gemeenskap bymekaar bring en genot gee. Dit lig ’n mens se gees.”

Dié groep was onder die 2 000 dansers wat aan die parade deelgeneem het. Foto: Jaco Marais

Maxine Molander van Mitchells Plain sê sy en haar gesin kom kamp al van 15:00 in die straat. “Ek is mal oor die drake, want my kind doen karate en hy geniet dit so baie.”

’n Duitse toeris, Elke Zwicker, het gesê sy geniet dit ook baie. “Ek het vanaand vreeslik geniet.”

Meer oor:  Patricia De Lille  |  Kaapstad
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.