26 Maart 03:29
Kaapstad Verander Area

Sondag

21°C / 14°C

Wind 23km/h

Reënval 0

Humiditeit 61%

Maandag

20°C / 15°C

Wind 20km/h

Reënval 0

Humiditeit 74%

Dinsdag

20°C / 15°C

Wind 34km/h

Reënval 0

Humiditeit 62%

Woensdag

22°C / 15°C

Wind 21km/h

Reënval 0

Humiditeit 55%

Donderdag

22°C / 16°C

Wind 17km/h

Reënval 0

Humiditeit 59%

Vrydag

19°C / 14°C

Wind 18km/h

Reënval 0

Humiditeit 82%

Algemeen
Kampeerders help mans toe vliegtuig op strand land

Twee mans is Donderdag beseer toe hulle omstreeks 14:00 ’n noodlanding in hul ligte vliegtuig op die strand by die Kogelbaai-vakansieoord naby Gordonsbaai uitgevoer het.

Pierre Gouws, die vlieënier van die Thunder Mustang-vliegtuig wat Donderdagmiddag ‘n noodlanding op die strand moes doen, het om 16:31 op die webtuiste Avcom.co.za geskryf dat die Thunder Mustang wat hy gevlieg het, enjinprobleme gehad het. 

Volgens hom moes hy daarom op die strand by Kogelbaai land.

Gouws skryf verder dat alles wel is en sy enigste besering is ‘n sny aan sy kop, maar dit is omdat hy te haastig was om uit die vliegtuig te kom.

Vroeër het Xavier Sinden van die Strand sê hy het in Clarencerylaan op pad na Gordonsbaai gery toe hy die ligte vliegtuig voor hom sien vlieg het.

“Die vliegtuig het baie vinnig en baie laag gevlieg.” Dit het volgens hom ook ’n snaakse geluid gemaak.

Twee mans het ’n noue ontkoming gehad toe hulle met dié ligte vliegtuig ’n noodlanding op die strand by die Kogelbaai-vakansieoord moes maak. Foto: Xavier Sinden

“Ek het nog vir die ou wat saam met my in my voertuig was, gesê ek hoop dit is iemand wat besig is om waaghalstoertjies te oefen.”

Die vliegtuig het voor hulle in die rigting van die berg gevlieg. Dit het vir sowat tien minute uit hul gesigsveld verdwyn.

“Toe ons by Kogelbaai kom, het ons die vliegtuig op die strand gesien. Dit was baie na aan die water.”

Veiligheidswagte by die oord het hulle ingelaat en gesê alle hulp is welkom.

Sinden sê toe hy en sy vriend op die strand kom, het mense wat daar kampeer reeds die twee mense in die vliegtuig te hulp gesnel.

“Die een man, ek vermoed dis die vlieënier, kon self uit die vliegtuig klim.” Hy het ’n kopbesering gehad.

Die kampeerders het die ander man, wat beenbeserings opgedoen het, uit die vliegtuig gehelp.

Van die kampeerders het die mans hospitaal toe geneem.



MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.