23 Augustus 13:58
Kaapstad Verander Area

Woensdag

14°C / 12°C

Wind 19km/h

Reënval 0mm

Humiditeit 78%

Donderdag

14°C / 12°C

Wind 28km/h

Reënval 3mm

Humiditeit 60%

Vrydag

16°C / 11°C

Wind 26km/h

Reënval 0mm

Humiditeit 63%

Saterdag

16°C / 11°C

Wind 25km/h

Reënval 0

Humiditeit 63%

Sondag

18°C / 12°C

Wind 33km/h

Reënval 0

Humiditeit 54%

Maandag

20°C / 9°C

Wind 14km/h

Reënval 0

Humiditeit 51%

Algemeen
Krugerwildtuin waarsku oor malaria

Die Krugerwildtuin (KNP) het Donderdag besoekers gewaarsku om voorsorgmaatreëls teen malaria te tref voor hulle daarheen ry.

William Mabasa, Sanparke se waarnemende kommunikasiehoof, sê KNP word as ’n laerisiko-gebied geklassifiseer, maar is wel geleë in ’n gebied waar die siekte voorkom.

Vanjaar se hewige reënval het gelei tot baie waterpoele.

Gevalle van malaria is veral in die noordelike dele van die park aangemeld.

Mabasa het gesê honderde mense is onlangs in verskeie provinsies positief vir die siekte getoets hoewel dit amper winter is.

“Die KNP se bestuur wil dus besoekers aanraai om die nodige voorsorgmaatreëls, insluitend die neem van profilakse en inentings, in oorleg met hul mediese dokters te tref.”

Mabasa het gesê dit sal help om te voorkom dat besoekers malaria opdoen.

Hy het gesê besoekers kan hulle kanse om malaria op te doen “aansienlik verminder” met spuitmiddels op hulle vel, deur vensters en deure toe te maak en insekdoders binne hul wonings te spuit.

“Malaria kan enige tyd van die jaar opgedoen word, maar die malariaseisoen word in Suid-Afrika gewoonlik as tussen Oktober en April beskou, met die hoogste risiko in Maart en April,” het Mabasa gesê.

“Dit lyk egter of die situasie vanjaar effens anders is.”

Daar is altyd dokters by die Skukuza, KNP se hoofkamp.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.