23 April 21:42
Kaapstad Verander Area

Maandag

24°C / 14°C

Wind 15km/h

Reënval 0

Humiditeit 53%

Dinsdag

24°C / 14°C

Wind 11km/h

Reënval 0

Humiditeit 49%

Woensdag

21°C / 17°C

Wind 23km/h

Reënval 0

Humiditeit 73%

Donderdag

20°C / 15°C

Wind 16km/h

Reënval 0

Humiditeit 71%

Vrydag

22°C / 14°C

Wind 15km/h

Reënval 0

Humiditeit 62%

Saterdag

25°C / 16°C

Wind 17km/h

Reënval 0

Humiditeit 52%

Algemeen
Kruiper van die duine loop weer

Vir ’n spoorsnylegende wat dele van die Kgalagadi-oorgrenspark sy kantoor noem, kan las van die knieë taamlik loopbaanbeperkend wees.

En so was dit ook vir ’n lid van die Khomani-San-gemeenskap wat op 56-jarige ouderdom byna deur osteoartritis in sy spore gestuit is.

Maar nou is Andrew Kruiper weer aan’t loop en herstel ná ’n dubbele knievervanging.

“Met hierdie twee bene . . . dit voel of ek deur water gegaan het en anderkant uitgekom het en hulle is gesond – dis hoe hierdie dokter met my gewerk het.”

Só het Kruiper sy onlangse behandeling by die Netcare Linksfield-hospitaal in Johannesburg beskryf waar hy deur dr. Ponky Firer, ortopediese chirurg, geopereer is.

Voor die operasie het X-strale van sy knieë gewys dat die kraakbeen heeltemal verweer het, het Mpho Raborife verlede week vir Netwerk24 berig.

Andrew Kruiper ná sy suksesvolle dubbele knie-operasie by die Netcare Linksfield-hospitaal in Johannesburg. Foto: Netcare

Firer het ’n mediese maatskappy oorreed om dele van prostetiese kniegewrigte te skenk. Hy het die Netcare-stigting gevra om die koste van die operasie en Kruiper se hospitaalverblyf te dek vir die knievervanging wat op 14 Maart uitgevoer is, het Netwerk24 berig.

Vandeesweek het skakelbeamptes van die hospitaal ’n nuwe foto verskaf van Kruiper met krukke en kniekouse – dié man wat by sy oom, wyle Vet Piet, van die diere, hul spore en die veld geleer het.

Oor hoe sy knieprobleem sy dagtaak in die Kalahari belemmer het, vertel Kruiper aan Netcare: “Ek het diere se spoor gesny en navorsers tot by hulle geneem sodat hulle die diere kan bestudeer. Ek het ook my dierekennis met toeriste en parkbesoekers gedeel, maar ek moes ophou, want ek kon net nie meer nie. Dit het my hart gebreek.”

Patricia Glyn, rolprentvervaardiger, het in die bres getree vir Kruiper deur kontak met welwillendes in die mediese veld te maak, soos dr. Firer, wat ’n span saamgestel het om te help en die werk pro bono te doen.

“Die prostetiese las word ’n mobiele draagstukknie genoem en laat uitstekende beweeglikheid toe. Vir iemand soos Andrew, wat weer aktief in die veld gaan wees, wil ons die maksimum mobiliteit verseker,” sê Firer.

Mande Toubkin, bestuurder van noodtrauma, trauma, oorplanting en korporatiewe maatskaplike besteding, was maar te bly om met hierdie ingryping te kon help.

“Benewens daarvoor dat die operasie (Kruiper se) lewensgehalte en mobiliteit verbeter het, hoop ons dat dit hom sal help om sy aansienlike wysheid met die volgende geslag te kan deel,” sê Toubkin.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.