29 Mei 08:00
Kaapstad Verander Area

Maandag

20°C / 12°C

Wind 11km/h

Reënval 0

Humiditeit 56%

Dinsdag

21°C / 14°C

Wind 8km/h

Reënval 0

Humiditeit 49%

Woensdag

20°C / 15°C

Wind 12km/h

Reënval 0

Humiditeit 64%

Donderdag

18°C / 14°C

Wind 19km/h

Reënval 0

Humiditeit 72%

Vrydag

21°C / 14°C

Wind 17km/h

Reënval 0

Humiditeit 59%

Saterdag

18°C / 14°C

Wind 28km/h

Reënval 0

Humiditeit 78%

Algemeen
Kunstige matrikulant vang oog op KKNK
Lonel Fivaz: Foto: Allan James Lipp

’n Matrikulant van die Hoërskool Oudtshoorn se talent vir kuns is tydens die Klein Karoo Nasionale Kunstefees (KKNK) ontdek.

Lonel Fivaz (17) se kreatiewe verfwerk op klippe het die oog gevang, sê Adam Brooke, borgskapbestuurder van Absa.

Brooke sê Absa het klippe tydens die KKNK gesoek wat kunstig geverf is om aan Colan Sylvester, burgemeester van Oudtshoorn, en Gerrie Ferreira, die eienaar van die grond waarop die Absa-klipprojek is, te oorhandig.

Twee van Lonel se klippe het Brooke se oog gevang.

“Ek het haar gevra om ’n derde klip te verf, wat deel van die oorhandiging kon wees en haar vernuf het my verbaas, sê Brooke.

Hy het besluit om Lonel aan dr. Paul Bayliss, die KKNK se visuele kunskurator, voor te stel. Bayliss het baie van Lonel se werk gehou .

Hy het aangebied om Lonel met haar toekoms te help en is besig met reëlings sodat ’n kunstenaar in Oudtshoorn, wat nog geïdentifiseer moet word, as haar mentor kan optree terwyl sy gr. 12 voltooi.

Brooke sê Absa het besluit om Lonel later vanjaar as ’n gas na die Absa L’Atelier-kompetisie in Johannesburg uit te nooi.

Lonel sal ’n Absa-kunsgalery besoek en tyd deurbring met Liberty Battson, die 2014 L’Atelier-wenner en kurator van The Confessional, ’n kunsuitstalling by vanjaar se KKNK.

Lonel sien baie uit na die besoek aan Johannesburg, veral omdat sy nog nooit in ’n vliegtuig gevlieg of in Johannesburg was nie.

“Dit is beslis iets wat ek nooit gedink het met my sal gebeur nie. Ek sien uit daarna om al die talentvolle kunstenaars te ontmoet en hoop dat die geleentheid my kunsloopbaan sal vorm.”

Boonop ondersoek Bayliss die moontlikheid om Lonel as ’n kurator van ’n uitstalling deur jong kunstenaars tydens 2018 se KKNK te gebruik.

Lonel wil nadat sy gematrikuleer het onderwys gaan studeer, “omdat sy baie van kinders hou”. Sy sal ook graag steeds aan haar kuns wil werk.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.