18 Augustus 10:49
Kaapstad Verander Area

Vrydag

17°C / 8°C

Wind 14km/h

Reënval 0

Humiditeit 54%

Saterdag

19°C / 10°C

Wind 13km/h

Reënval 0

Humiditeit 52%

Sondag

18°C / 11°C

Wind 25km/h

Reënval 0

Humiditeit 58%

Maandag

15°C / 12°C

Wind 33km/h

Reënval 8mm

Humiditeit 81%

Dinsdag

12°C / 10°C

Wind 24km/h

Reënval 19mm

Humiditeit 69%

Woensdag

14°C / 10°C

Wind 25km/h

Reënval 3mm

Humiditeit 76%

Algemeen
Kyk: 5 000 km op ysterperd om Bybels uit te deel

Langafstande op sy ysterperd is lankal nie meer vir Johan Kroep iets snaaks nie, maar eerder ’n talent wat hy vir ’n Goddelike doel inspan.

Kroep (44), ’n vliegtuigtegnikus van Kempton Park, het nou op sy derde avontuur in vyf dae 5 000 km afgelê en terselfdertyd 100 Bybels uitgedeel.

Hy het ook die land se grootste damme aangedoen om te bid vir reën.

“Die Here het dit op my hart gelê dat ek moet gaan bid vir reën.”

Eerste op sy lys was die Vaaldam waarna hy onder meer na die Bloemhof-, Gariep- en Vanderkloofdam gery het.

“Al is die Vaaldam nou vol, is al die ander damme in veral die Noord-Kaap dolleeg.”

In 2007 het hy in drie dae agt lande besoek en meer as 4 000 km afgelê.

Hy het toe Bybels by grensposte en vulstasies in onder meer Lesotho, Swaziland, Mosambiek, Botswana, Zimbabwe en Namibië uitgedeel.

Drie jaar later het hy kort voor die Wêreldbeker-sokkertoernooi tien stadions in 48 uur per motorfiets besoek om Bybels uit te deel en te bid dat die toernooi ’n sukses sal wees.

Kroep het elkeen van die reise op eie koste en alleen gepak.

“Motorfietse is maar net my gereedskap. My droom is om vir elke land in die wêreld ’n Bybel te gee. Ek wil iemand met ’n Bybel in sy of haar eie taal seën.”

Johan Kroep hou eksemplare van Hope for the Highway vas. Hy het 5 000 km binne vyf dae op sy BMW 1200 GSA afgelê om dié Bybels uit te deel. Foto: Deaan Vivier

Hy sê om die glimlag op iemand se gesig te sien as hy hom ’n Bybel gee, maak die lang pad die moeite werd.

In Augustus verlede jaar het hy nege dae in Moskou deurgebring waar hy Russiese Bybels uitgedeel het. Hy beplan om Suid-Amerika in Augustus te besoek.

Hy het 29 lande in die afgelope tien jaar besoek.

“Dis beslis nie vakansie nie. Ek het nog so 150 lande om te besoek,” sê hy laggend.

Kroep sê hy het ’n tweede kans in die lewe gekry.

“Ná ’n huwelik van 11 jaar het ek net ’n bike oorgehad. Ek het my vrou se trouring teruggevra en dit in Kaokoland in Namibië gaan weggooi. Daar het die Here vir my in ’n visioen gesê Hy het ’n ander doel vir my lewe.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.