27 April 18:45
Kaapstad Verander Area

Vrydag

22°C / 15°C

Wind 12km/h

Reënval 0

Humiditeit 63%

Saterdag

27°C / 18°C

Wind 25km/h

Reënval 0

Humiditeit 36%

Sondag

18°C / 17°C

Wind 21km/h

Reënval 0

Humiditeit 83%

Maandag

19°C / 16°C

Wind 15km/h

Reënval 0

Humiditeit 80%

Dinsdag

20°C / 15°C

Wind 23km/h

Reënval 0

Humiditeit 70%

Woensdag

21°C / 14°C

Wind 22km/h

Reënval 0

Humiditeit 46%

Algemeen
Kyk: Niggie vertel van tref-en-trap-ongeluk

’n Familielid van die vrou wat Sondag in Stilfontein, Noordwes, raakgery is, het Woensdagoggend vertel van die skok toe sy uitvind haar niggie was in ’n tref-en-trap-ongeluk.

Ses kinders is ook beseer toe ’n man hulle na bewering raakgery en toe weggejaag het.

Florence Mutekeshe is steeds in die hospitaal en word Woensdag geopereer nadat sy haar been gebreek het, sê Mpho Duba, haar niggie.

“’n Vrou het my Sondagmiddag gebel en vir my gesê Florence is deur ’n motor raakgery,” het Duba buite die landdroshof in Stilfontein gesê.

Sy het haar na die ongelukstoneel gehaas waar sy Florence in die pad sien lê het.

Terwyl ons op die ambulans gewag het, het sy my vertel ’n man het reguit in haar vasgery en toe weggejaag
Mpho Duba

“Ek het na haar toe gehardloop en gesien hoe sy daar lê. Terwyl ons op die ambulans gewag het, het sy my vertel ’n man het reguit in haar vasgery en toe weggejaag.”

Lt.kol. Pelonomi Makau, polisiewoordvoerder in Noordwes, sê die beseerde kinders is tussen drie en 16 jaar oud. Een is ook ná die voorval in die hospitaal opgeneem.

Lede van die plaaslike buurtwag het ’n man opgespoor wat na bewering die ongeluk veroorsaak het en hy sou Woensdag in die hof verskyn.

Lees later meer hieroor op Netwerk24.


MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.