22 Augustus 09:17
Kaapstad Verander Area

Dinsdag

14°C / 12°C

Wind 23km/h

Reënval 0mm

Humiditeit 62%

Woensdag

14°C / 11°C

Wind 18km/h

Reënval 2mm

Humiditeit 78%

Donderdag

15°C / 12°C

Wind 27km/h

Reënval 0mm

Humiditeit 58%

Vrydag

16°C / 11°C

Wind 24km/h

Reënval 0mm

Humiditeit 61%

Saterdag

18°C / 10°C

Wind 21km/h

Reënval 0

Humiditeit 57%

Sondag

20°C / 12°C

Wind 15km/h

Reënval 0

Humiditeit 57%

Algemeen
Kyk: Twee ysterperde, een buffel . . .

Twee motorfietsryers van KwaZulu-Natal het die afgelope naweek ’n noue ontkoming met ’n buffel in die Baviaanskloof-natuurreservaat gehad.

Dié roete, wat op die meeste Suid-Afrikaanse motorfietsavontuurlustiges se droomlys is, is bekend vir sy uitdagende roetes wat oor die kloof uittroon.

Les Davis en Roger Purchase het die afgelope naweek ’n toer van Kaap Agulhas tot in Durban aangepak om soveel as moontlik grondpaaie te ry.

Elk op sy eie BMW-motorfiets het hulle Saterdag gou besef dat die klipperige spore en laagwaterbrûe in die Baviaanskloof nie die enigste uitdaging op die roete is nie.

“Ons was op pad uit teen ’n steil bult. Op die draai het ’n eensame buffel gestaan en ons gesien, en ek het onmiddellik geweet ons moet stilhou om die buffel te wys hy het spasie om te beweeg,” sê Purchase, wat voor Davis gery het.

Davis het dadelik die kamera op sy valhelm aangeskakel om die buffel in die pad op kamera vas te vang.

“Ek het gedink dit sal mooi beeldmateriaal maak. Nooit het ek gedink die situasie sal só uitdraai nie,” sê Davis.

Die rots langs my was net mooi uitgehol vir my om daarin te pas
Les Davis

Die twee motorfietsryers het die buffel op ’n afstand dopgehou en gewag dat sy kolossale swart lyf om die draai verdwyn, voordat hulle weer stadig teen die steilte opgery het.

Vir ’n tweede keer het die buffel sy verskyning gemaak en die motorfietsryers se ABS-remme getoets.

Dié keer het die buffel nie vir die motorfietse ryvoorrang gegee nie en Davis en Purchase het besef hier is moeilikheid.

“Alles het oukei gelyk, maar binne sekondes het die buffel besluit hy wil nou teen die steilte af. Ek het om my gekyk en gesien daar is nie ’n ontsnaproete vir my nie. Ek het net gedink ek moet die fiets tussen ons hou en ek sal dalk teen die afgrond van die berg moet afhang, maar alles het so vinnig gebeur. Toe ek weer kyk, is die buffel verby my,” sê Purchase.

Ook Davis het rondgekyk vir ’n skuilplek, maar die buffel was te vinnig op sy spoor.

“Ek het skaars die fiets se staander uit gehad, toe moet ek vir skuiling spring. Die rots langs my was net mooi uitgehol vir my om daarin te pas.

“Ek sal nooit vergeet hoe daai buffel sy kop neergesit en vir my gekyk het toe hy op my afstorm nie, oftewel sy ontsnappingsroete vat,” sê Davis.

Hoewel albei ongedeerd is, het hulle die res van die roete vol adrenalien en met ’n wakende oog aangepak.

“Dit was ’n senutergende voorval, maar beslis die hoogtepunt van die hele toer. Die Baviaanskloof is ’n juweel wat my beslis weer sal sien. Ek sal volgende keer dalk net seker maak ’n paar motors ry vooruit om alles uit die pad te verjaag,” het Davis geskerts.

Roger Purchase staan langs sy motorfiets in die Baviaanskloof terwyl die buffel verby hom hardloop met Les Davis wat die kamera op sy valhelm het en van sy motorfiets begin afklim. Foto: Skermgreep
Soos gesien deur Les Davis se kameralens. Les lê langs sy motorfiets agter ’n rots in die Baviaanskloof, terwyl ’n buffel verby hom storm en sy horings vir hom wys. Foto: Skermgreep


MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.