26 Julie 16:50
Kaapstad Verander Area

Donderdag

17°C / 8°C

Wind 16km/h

Reënval 0mm

Humiditeit 57%

Vrydag

20°C / 13°C

Wind 24km/h

Reënval 0

Humiditeit 55%

Saterdag

18°C / 13°C

Wind 25km/h

Reënval 1mm

Humiditeit 67%

Sondag

19°C / 12°C

Wind 11km/h

Reënval 0

Humiditeit 62%

Maandag

21°C / 13°C

Wind 13km/h

Reënval 0

Humiditeit 53%

Dinsdag

16°C / 14°C

Wind 27km/h

Reënval 0

Humiditeit 75%

Algemeen
Ma van Pretoria steeds vermis
Madelein Murray (40)

Daar is steeds geen teken van die Pretoriase vrou wat sowat twee maande gelede in die Apiesrivier naby Capitalpark verdwyn het nie.

Madelein Murray (40) het in die oggendure van Vrydag 11 November verdwyn toe die motor waarin sy en haar seun Hanco (20) gery het, van ’n laagwaterbrug in Capitalpark deur vloedwater meegesleur is nadat swaar reën in die stad geval het.

Hanco kon uit die vloedwater kom, maar Murray het verdwyn toe die krag van die water haar uit sy desperate greep aan haar hare geruk het.

Francis Venter, Murray se ma, het Sondag gesê daar is nog geen teken van haar dogter nie.

“Dit maak ’n mens mal. Ek wil weer by die polisie gaan hoor waar staan hulle ondersoek.”

Duikers van die polisie het ná Murray se verdwyning die Apiesrivier en die Bon Accorddam deeglik gefynkam in ’n volskaalse soektog. Die soektog het egter niks opgelewer nie. Die polisie het hul soektog ná sowat tien dae geleidelik begin afskaal.

Venter het dae lank op die oewers van die Apiesrivier en Bon Accorddam op en af geloop in die hoop om haar dogter te vind.

“As ons net haar handsak of iets van haar kry, maar daar is letterlik niks,” het sy vroeër in ’n onderhoud gesê.

Christo Venter, Madelein Murray se lewensmaat, het dae lank langs die Bon Accorddam gesit terwyl polisieduikers na haar gesoek het. Foto: Deaan Vivier

Murray is die ma van vyf kinders. Sy het vier seuns en een dogter. Hulle is onderskeidelik 20, 17, 13, sewe en ses jaar oud.

Volgens Venter gaan dit goed met Murray se sesjarige dogter.

“Sy het nog nie in soveel woorde gesê haar ma is dood nie. Dit is hartseer, want sy gaan nou in ’n rebelstadium in en dis moeilik,” het Venter gesê.

Christo Venter, Murray lewensmaat, was ook deel van die soektog.

Murray en Venter het saam ’n skrootmetaalonderneming gehad.

“Ons sal altyd aanhou soek. Daar sal altyd hulp van die gemeenskap se kant af wees. Ek sal alles opgee om haar te kry,” het hy vroeër gesê.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.