23 Junie 19:19
Kaapstad Verander Area

Saterdag

15°C / 9°C

Wind 14km/h

Reënval 0

Humiditeit 65%

Sondag

15°C / 10°C

Wind 19km/h

Reënval 0

Humiditeit 64%

Maandag

18°C / 9°C

Wind 10km/h

Reënval 0

Humiditeit 60%

Dinsdag

18°C / 13°C

Wind 14km/h

Reënval 0

Humiditeit 70%

Woensdag

15°C / 13°C

Wind 36km/h

Reënval 12mm

Humiditeit 78%

Donderdag

13°C / 10°C

Wind 7km/h

Reënval 1mm

Humiditeit 63%

Algemeen
Man val na sy dood van balkon in Noupoort

Die polisie in die Noord-Kaap het ’n geregtelike doodsondersoek begin nadat ’n man Vrydag in die Noupoort- Christelike Sorgsentrum na sy dood geval het.

Kapt. Olebogeng Tawana, polisiewoordvoerder, sê ’n 54-jarige man het Vrydag omstreeks 08:15 na sy dood geval toe hy buite op ’n balkon in die sentrum gestaan het.

Hy sê die omstandighede rondom die man se dood is nie bekend nie en is deel van die polisie-ondersoek.

“In die stadium kan ons nie sê of hy gespring of gegly het nie.”

Tawana sê die naam van die man kan nie bekend gemaak voordat sy naasbestaandes van sy dood in kennis gestel is.

Past. Sophos Nissiotis, direkteur van die sentrum, wou geen besonderhede oor die voorval verskaf nie aangesien die pasiënt se familie glo in die buiteland is en hulle dus nie van sy dood in kennis gestel is nie.

Die ondersoek duur voort.

In April 2012 het Jako Kruger (44) van Linden, Johannesburg, in sy kamer selfdood gepleeg deur homself met ’n elektriese koord te verwurg. Hy was toe net drie dae in die sentrum.

Sy suster Elsa Kruger het destyds aan Volksblad gesê die “onheilige tweeling, dwelms en depressie” het haar broer se lewe verwoes.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.