Stel ons op die proef, vir nuus wat jy kan vertrou. Registreer vir 30 dae gratis
Algemeen
Medestigter van Pagad dood

Huldeblyke het Vrydag op sosiale media ingestroom met die nuus dat Salie Abader, medestigter van die gemeenskapsorganisasie People Against Gangsterism and Drugs (Pagad), in die ouderdom van 65 dood is.

Salie Abader (65) Foto: Abduragmaan Mohamed, Facebook

“Vandag is ’n hartseer dag, omdat ons tot siens moet sê aan ons pa, broer en een van die beste leiers in die wêreld, wat altyd bereid was om op te offer uit liefde vir Allah. Hy het vir geregtigheid gestaan en teen verdrukking en ongeregtigheid in die land geveg,” het Haroon Orri, nasionale koördineerder van Pagad, op Pagad se Facebook-blad geskryf.

Abader en ’n aantal senior lede van Pagad is in 2002 kwytgeskeld op aanklagte van moord op die vermeende dwelmbaas, Rashaad Staggie. Hy is egter later tronkstraf opgelê vir openbare geweld.

Hy het tot onlangs steeds ’n rol in Pagad gespeel deur die Thikr-moslemgebede te lei.

Luidens Radio 786 is hy aan natuurlike oorsake dood.

Hy is Vrydag, volgens die Moslem-geloof, uit die Muir-straat Moskee in Zonnebloem, Kaapstad, begrawe.

Meer oor:  Kaapstad  |  Dood
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.