21 Augustus 08:40
Kaapstad Verander Area

Maandag

16°C / 13°C

Wind 28km/h

Reënval 8mm

Humiditeit 79%

Dinsdag

14°C / 12°C

Wind 25km/h

Reënval 7mm

Humiditeit 64%

Woensdag

14°C / 11°C

Wind 24km/h

Reënval 4mm

Humiditeit 75%

Donderdag

14°C / 12°C

Wind 25km/h

Reënval 3mm

Humiditeit 60%

Vrydag

16°C / 12°C

Wind 25km/h

Reënval 0mm

Humiditeit 64%

Saterdag

17°C / 11°C

Wind 26km/h

Reënval 0

Humiditeit 65%

Algemeen
Meisie (9) sterf ná slaappille in melkskommel

’n Meisie (9) van Jeffreysbaai is dood nadat haar ma glo slaappille in haar melkskommel gegooi het.

Die meisie se ma het na bewering Woensdagaand ’n uitval met haar vriend gehad en toe glo besluit om slaappille te drink.

Die ma het blykbaar eers vir haar dogter slaappille ingegee deur dit in haar melkskommel in te meng en vir haar te gee voordat sy gaan slaap. Hierna het die ma glo self ook slaappille gedrink.

“Die ma het die volgende oggend wakker geword, maar die dogter het nie,” sê kapt. Gerda Swart, polisiewoordvoerder.

Nadat die ma Donderdagoggend besef het haar dogter is dood, het sy glo haar eie lewe probeer neem deur haar polse te sny.

“Die ma het die volgende oggend wakker geword, maar die dogter het nie.

Die ma se vriend het op haar afgekom en haar na die plaaslike hospitaal geneem.

Die polisie is Donderdag omstreeks 12:00 deur die vriend na die toneel in Sentraal in Jeffreysbaai uitgeroep.

Swart het Vrydag bevestig dat die ma in die hospitaal opgeneem is en dat die polisie besig is om verklarings te bekom.

Die polisie het ’n geregtelike doodsondersoek geopen.

Swart sê ’n lykskouing sal op die meisie uitgevoer word om die oorsaak van haar dood te bepaal.

“Die uitkoms van die lykskouing sal die polisie se ondersoek lei,” sê Swart.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.