27 April 18:47
Kaapstad Verander Area

Vrydag

22°C / 15°C

Wind 12km/h

Reënval 0

Humiditeit 63%

Saterdag

27°C / 18°C

Wind 25km/h

Reënval 0

Humiditeit 36%

Sondag

18°C / 17°C

Wind 21km/h

Reënval 0

Humiditeit 83%

Maandag

19°C / 16°C

Wind 15km/h

Reënval 0

Humiditeit 80%

Dinsdag

20°C / 15°C

Wind 23km/h

Reënval 0

Humiditeit 70%

Woensdag

21°C / 14°C

Wind 22km/h

Reënval 0

Humiditeit 46%

Algemeen
Motoriste met vals rybewyse 'gaan jammer wees'
Dipuo Peters, minister van vervoer.Foto: Emile Hendricks

Diegene wat hul rybewyse “soos ’n brood by ’n kafee” gekoop het, sal in die openbaar verneder word.

Só het Dipuo Peters, minister van vervoer, Vrydag in Kimberley gesê.

Sy het ’n vergadering gelei waar die nasionale departement, provinsiale regerings, munisipaliteite en agentskappe ’n komitee gestig het wat voor die komende April-vakansie ’n strategie moet bedink om wetstoepassing op die land se paaie te verbeter.

Dit volg op die kommerwekkende styging van 5% in padsterftes vir die afgelope vakansietydperk.

Peters het gesê ná ’n deeglike oudit het hulle op 28 549 rybewyse afgekom wat valslik uitgereik is.

“Mense het dit soos brood by ’n kafee by korrupte amptenare gekoop. Hulle is misdadigers en stel ander mense se lewens in gevaar.

“Die LUR’s in die provinsies is by magte om die betrokke rybewyse ongeldig te verklaar.”

Die oortreders se profiele met hul besonderhede sal gepubliseer word om ander padgebruikers te waarsku teen persone wat vals lisensies het.

Ter Illustrasie

Die nuutgestigte komitee se doelwit is om verkeerswette en wetstoepassing in die drie sfere van regering te harmoniseer. Die doel is om samewerking, koördinasie en die toepassing van nasionale standaarde te bewerkstellig.

Die komitee moet ’n ondersoek van die wetstoepassingsomgewing doen en samevattende strategieë saamstel om leemtes uit die weg te ruim. Die owerhede moet saamwerk om meer integrasie mee te bring. Bestaande strukture moet meer vaartbelyn gemaak word om wetstoepassing te vergemaklik. ’n Kode vir beste praktyk moet in ooreenstemming met die internasionale omgewing ontwikkel word. Die staatsdoelwitte moet met huidige beleid ooreenstem.

Peters het benadruk dat opvoeding ’n al groter rol speel om meer verantwoordelike padgebruikers te ontwikkel.

“Ons is in gesprek met die departement van basiese onderwys oor die insluiting van padveiligheid in die vak lewensoriëntering.

“Padgebruik is deel van ons daaglikse bestaan vandat ons ons voete soggens by die deur uit sit.

“Dit is kommerwekkend dat 30% van padsterftes voetgangers is, en 10% daarvan is kinders.

“Alle Suid-Afrikaners moet verantwoordelikheid aanvaar omdat ons mekaar se lewens in ons hande hou.

“Elke provinsie het ook programme waarin leerlinge op skool reeds hul rybewyse kan kry. Dit moet deel van die kurrikulum word omdat dit mense help om werk te kry.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.