22 Augustus 20:29
Kaapstad Verander Area

Woensdag

14°C / 11°C

Wind 18km/h

Reënval 0mm

Humiditeit 78%

Donderdag

14°C / 11°C

Wind 27km/h

Reënval 0mm

Humiditeit 59%

Vrydag

16°C / 11°C

Wind 24km/h

Reënval 0

Humiditeit 61%

Saterdag

18°C / 10°C

Wind 24km/h

Reënval 0

Humiditeit 56%

Sondag

19°C / 11°C

Wind 16km/h

Reënval 0

Humiditeit 57%

Maandag

21°C / 10°C

Wind 9km/h

Reënval 0

Humiditeit 61%

Algemeen
Net 2 geboue oor op spogplaas ná brande
Die herehuis op Druk-My-Niet is in 1687 gebou en is in die brand verwoes. Foto: Lulama Zenzile

Net twee geboue is op die eens spoggerige Druk-My-Niet wyn- en gasteplaas in die Paarl oor ná Maandagaand se verwoestende brande.

Die herehuis, die voorman se huis, meer as vyf gastekothuise, een wynkelder en die proelokaal het erge skade in die brand gely. Dit is die ergste strukturele skade wat enige plaas tot dusver in die Wes-Kaapse brande gely het.

James Johanesson, die voorman, en sy vrou het alles in die brand verloor.

Toe Druk-My-Niet se wynmaker, Alex McFarlane, Dinsdagoggend op die plaas opdaag, was die eienaars en gaste reeds ontruim. Sy het in November 2016 nog die opening van die plaas se splinternuwe wynkelder saam met die eienaars, Georg en Dorothy Kirchner, gevier. Die Kirchners het nes hul voorman die meeste van hul persoonlike besittings in die brand verloor.

Oor hoe sy gevoel het toe sy hektare se verbrande wingerde sien, sê McFarlane: “Natuurlik was dit verskriklik, ek dink dit het nog nie vir ons ingesink nie.”

McFarlane het Dinsdag benodigdhede vir Johanesson en sy familie ingesamel en die Kirchners gehelp om ’n paar laaste besittings uit hul herehuis te verwyder.

Die oorspronklike opstal was een van die eerste huise wat in 1687 in die gebied gebou is en was goed gerestoureer.

Van die gaste kothuise op Druk-My-Niet wat in die brand verwoes is. Foto: Lulama Zenzile

Met Netwerk24 se besoek was ’n paar reusekoivisse wat rustig in hul visdam langs die leë huis in die binnehof rondgeswem het omstrent die enigste tekens van lewe op die plaas.

Die swembad, met ’n uitsig oor die Paarlvallei, was swart van die as. In die proelokaal het verskeie gesogte toekennings waarmee die boetiekwynplaas bekroon is onaangeraak deur die vlamme gestaan.

Die plaas van 24 hektaar beskik oor 11 hektaar se wingerde van rooi kultivars.

McFarlane sê daar is nog nie vasgestel wat die skade aan die wingerde – wat oor drie weke geoes sou word – is nie.

“Die rook en hitte het erge skade veroorsaak,” sê sy. “Ons moet nog vasstel hoeveel druiwe ons sal kan oes en of daar hoegenaamd vanjaar geoes sal word.”

McFarlane is oorweldig deur die ondersteuning vir Johanesson en sy familie uit die gemeenskap en die wynbedryf. Omtrent 60 tandeborsels, baie Checkers- geskenkbewyse en klere is ontvang. “Ons is besig om ’n fonds te stig om hulle te help om hul lewe te herbou,” sê sy.

Daan van Leeuwen Boomkamp, stigter van die Drakenstein-plaaswag wat eerste op die brandtoneel was, sê dat Maandagaand se brand meer soos ’n “vuurstorm” was. Hy sê dat daar buiten die inwoners en gaste van die twee plase, Druk-My-Niet en Augusta Kleinbosch, honderde plaaswerkers op naburige plase uit hul huise gered is voordat dit afgebrand het.

“Jy beveg ’n monster wat alles in sy pad vernietig en as jy mense betyds uit hul huise help en jy hul dankbare reaksies aan die ander kant sien, gee dit jou sommer moed om deur die nag brande te bestry,” sê hy.

Van Leeuwen Boomkamp se span was Maandag van ongeveer 23:00 tot Dinsdag 05:00 op die toneel.

“Dit was baie hartverwarmend wanneer ’n plaaswerker wat als in die brand kwyt is jou hande kom druk en dankie sê,” sê hy.

Hy het die polisie geprys omdat hulle die mense wat uit hul huise gered is kom oplaai het en na veiligheid geneem het.

Die brand in die Paarl was teen Dinsdagmiddag 45% onder beheer gebring en het teen daardie tyd al 650 hektaar ver versprei en 13 strukture vernietig, onder meer die geskiedkundige Du Toit-huis op Augusta Kleinbosch.

Nog ’n brand het Dinsdag hoog in die Hessekwa-berge by die Kleine Olyvenbosch-plaas by Wellington gewoed.

* Gemeenskapslede van die Paarl-omgewing samel benodigdhede in vir die mense wat alles in die brand verloor het. Hulle benodig klere, beddegoed, kinderklere (vir ouderdomme vyf tot nege), doeke en formulemelk vir babas. Volgens ’n Facebook-plasing deur die groep WOW! Wellington word hulp dringend benodig aangesien die Wes-Kaap se skole Woensdag begin. Die benodigdhede kan by die Laerskool Dal Josafat in die Paarl afgelaai word.

Lees ook: Brand buite Paarl onder beheer

Van die gaste kothuise op Druk-My-Niet wat in die brand verwoes is. Foto: Lulama Zenzile
Enkele borde en koppies en ’n ou stoof is al wat oor is van die kombuis in die herehuis op Druk-My-Niet. Foto: Lulama Zenzile

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.