21 Augustus 08:40
Kaapstad Verander Area

Maandag

16°C / 13°C

Wind 28km/h

Reënval 8mm

Humiditeit 79%

Dinsdag

14°C / 12°C

Wind 25km/h

Reënval 7mm

Humiditeit 64%

Woensdag

14°C / 11°C

Wind 24km/h

Reënval 4mm

Humiditeit 75%

Donderdag

14°C / 12°C

Wind 25km/h

Reënval 3mm

Humiditeit 60%

Vrydag

16°C / 12°C

Wind 25km/h

Reënval 0mm

Humiditeit 64%

Saterdag

17°C / 11°C

Wind 26km/h

Reënval 0

Humiditeit 65%

Algemeen
Nóg donderbuie vir papnat Bfn, VS voorspel
Werkers by die Universiteit van die Vrystaat vee reënwater van Shimlapark se rugbyveld af voor die wedstryd tussen die Shimlas en die Ikeys Maandagaand. Hopelik sal die veld by die Sentrale Universiteit vir Tegnologie nie so nat wees wanneer die Shimlas die Ixias komende Maandag hier pak nie.Foto: Mlungisi Louw
Zastronstraat Donderdagmiddag nadat ’n wolkbreuk oor Bloemfontein veroorsaak het dat motors deur die water moes beur.Foto: Mlungisi Louw

Bloemfonteinse krieketondersteuners sal Saterdag hul sambrele moet saamneem wanneer die Knights en Cobras mekaar in die eendagbekerreeks by die Mangaung-ovaal pak.

Elani Claassen van die Bloemfonteinse weerkantoor sê sowat ’n 30%-kans op reën word vir die stad voorspel.

“Saterdag kan dit weer nat raak. Vir die res van die naweek word ’n 60%-kans op buie en donderbuie al langs die platorand, wat die omgewing by die Drakensberge, Ficksburg en Bethlehem insluit, voorspel,” sê Claassen.

“Sondag is daar vir die hele provinsie ’n kans van sowat 80% op reën.”

Donderdagmiddag het ’n hewige storm oor Bloemfontein gewoed en moes motoriste versigtig die diep waters in die strate aandurf.

Die weerkantoor by die lughawe buite die stad het egter net sowat 18,2 mm Donderdag gemeet terwyl mense in die suide van die stad geen reën gehad het nie.

Dit is maar die ding van sulke donderbuie. Dit kan vreeslik in Bloemfontein reën, maar die dorpies langsaan kry niks.
Elani Claassen

Maar foto’s op sosiale media wys dat strate in die stad omtrent verspoel het ná ’n wolkbreuk wat sowat 90 minute geduur het.
“Dit is maar die ding van sulke donderbuie. Dit kan vreeslik in Bloemfontein reën, maar die dorpies langsaan kry niks.”

Noord-Kapenaars in die suidoostelike dele van die provinsie kan Saterdag en Sondag sowat ’n 60%-kans op buie en donderbuie te wagte wees.

“Die res van die provinsie se kans op reën is Saterdag tussen 30% en 60% terwyl daar Sondag ’n 80%-kans sal wees,” sê sy.

“Daar waar goeie reën voorspel word, kan mense maar goeie reën in millimeters verwag ook.”

Maandagaand het die Universiteit van die Vrystaat se Shimlas en die Universiteit van Kaapstad se Ikeys omtrent ’n modderstryd op Shimlapark gevoer in ’n Varsitybeker-wedstryd toe ’n reënbui kort voor die wedstryd hier uitgesak het.

Komende Maandag pak die Shimlas die Sentrale Universiteit vir Tegnologie (SUT) se Ixias op die SUT-velde waar die stryd hopelik minder modderig sal wees.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.