26 Junie 19:08
Kaapstad Verander Area

Dinsdag

15°C / 12°C

Wind 16km/h

Reënval 0

Humiditeit 78%

Woensdag

15°C / 12°C

Wind 11km/h

Reënval 10mm

Humiditeit 62%

Donderdag

16°C / 9°C

Wind 19km/h

Reënval 0

Humiditeit 68%

Vrydag

15°C / 12°C

Wind 20km/h

Reënval 9mm

Humiditeit 81%

Saterdag

16°C / 10°C

Wind 13km/h

Reënval 0

Humiditeit 71%

Sondag

16°C / 12°C

Wind 14km/h

Reënval 0

Humiditeit 78%

Algemeen
NRO van SA in Monaco met Laureus vereer

Die Suid-Afrikaanse nieregeringsorganisasie (NRO) Waves for Change is Dinsdagaand by die gesogte Laureus-sporttoekenningsgeleentheid in Monaco met ’n spesiale toekenning vereer.

Die NRO, wat die Sport for Good-toekenning ontvang het, poog om deur branderplankry veilige ruimtes te skep en weeklikse “terapiesessies” te bied aan jong volwassenes wat deur geweld geraak is, lui die organisasies se missie op sy webtuiste.

Die groep bied ook mentorskap aan die jong volwassenes en probeer om hulle so te help om die nodige vaardighede te ontwikkel om positiewe lewenskeuses te maak, genesende verhoudings te bou en stres te hanteer.

Tim Conibear het die groep in 2011 in die informele nedersetting Masiphumelele in Kaapstad gestig en die groep het met die hulp van plaaslike inwoners Apish Tshetsha en Bongani Ndlovu sedertdien van krag tot krag gegaan.

Suid-Afrika se Olimpiese goue seun Wayde van Niekerk is deur Laureus benoem in die kategorie Deurbraak-vertoning van die Jaar, maar die kategorie is toe deur die Formula 1-kampioen Nico Rosberg gewen.

Wayde het goud in die 400 m op die Olimpiese Spele in Rio de Janeiro gewen. Hy het terselfdertyd ’n nuwe wêreldrekord van 43,03 sekondes opgestel en Michael Johnson se 17 jaar oue 400 m-wêreldrekord verpletter.

Ander benoemdes in dié kategorie het die Ethiopiese altleet Almaz Ayana, Fidji se sewesrugbyspan, Ysland se sokkerspan en Leicester City se sokkerspan ingesluit.

Die Amerikaanse gimnas Simone Biles en super-sneller Usain Bolt van Jamaica is onderskeidelik as Laureus se sportvrou en sportman van die jaar aangewys.

Biles het vier goue medaljes en ’n brons in Rio gewen, terwyl Bolt in die afgelope drie Spele die goud in die 100 m en 200 m gewen het.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.