18 Augustus 22:14
Kaapstad Verander Area

Saterdag

20°C / 10°C

Wind 11km/h

Reënval 0

Humiditeit 52%

Sondag

18°C / 12°C

Wind 23km/h

Reënval 0

Humiditeit 57%

Maandag

15°C / 12°C

Wind 31km/h

Reënval 10mm

Humiditeit 81%

Dinsdag

14°C / 11°C

Wind 37km/h

Reënval 6mm

Humiditeit 64%

Woensdag

13°C / 10°C

Wind 24km/h

Reënval 6mm

Humiditeit 79%

Donderdag

13°C / 10°C

Wind 34km/h

Reënval 0

Humiditeit 58%

Algemeen
Oom Des (91) skop dat die brandertjies waai
Met ’n swembad-noedel wat by die kant van die swembad ingehaak is, ry Des Fairbairn (91) fiets in die water.Foto: Mlungisi Louw

Op 91 jaar is ’n afgetrede geoktrooieerde rekenmeester van Bloemfontein nog heeltemal aan die gang.

By Des Fairbairn is daar nie ’n bril of gehoorapparaat in sig nie en loop hy ook self – sónder ’n kierie.

“Dit is belangrik om jouself fiks en aan die gang te hou,” sê hy nadat hy gister (Woensdag) ’n fiksheidsklas by die Anna Swanepoel-fisioterapeute bygewoon het.

Des Fairbairn (91) en sy vriendin, Marguerite Wessels (77), “ry fiets” op hul swembad-noedels.Foto: Mlungisi Louw

Hy en sy vriendin, Marguerite Wessels (77), wat hy sowat twee jaar gelede by die Andrew Murray-gemeenskapskerk ontmoet het, woon pligsgetrou twee keer ’n week akwa-klasse by dié praktyk by.

“Wanneer jy in daardie water klim . . . Boetie, jy moet klou om daardie water te roer,” sê Des wat in die Kiepersol-aftreeoord bly.

Vicky Kritzinger, die fiksheidsinstrukteur wat die klas aanbied, laat Des en Marguerite in die water rondspring en skop. Die water maak klein brandertjies soos hulle beweeg.

“Oom Des kon ses maande gelede toe ek hier begin klasgee het, glad nie op een been staan sonder om aan die kant van die swembad vas te hou nie,” sê Vicky.

“Deesdae kan hy dit al amper tien sekondes doen.”

Maar Des is baie beskeie oor sy vordering.

“Ek doen maar net wat hulle vir my sê. Ek hou van die water, want dit keer dat ek val, maar dit laat my steeds hard oefen,” sê hy.

Des het in sy jonger dae van 1947 tot 1957 vir Vrystaat krieket gespeel. Hy het ook tien jaar vir die Collegians-rugbyklub gespeel.

“As kind en jong man was ek baie aktief en ek hou daarvan. Hoekom moet ’n mens ophou?”

Hy is oorspronklik van Oos-Londen, maar het as 17-jarige man vir werk na Bloemfontein gekom.

“Ek hou baie van Bloemfontein, so toe besluit ek om te bly.”

Anna Swanepoel, hoof van die praktyk, sê water is ’n baie goeie middel vir ouer mense, beseerdes en diegene wat operasies ondergaan het om vroeg-vroeg met die herstelproses te begin.

Des het vroeër in sy lewe geleer dat ’n gesonde leefstyl hom uit die hospitaal sal hou.

“Toe ek 40 jaar oud was, was ek ses weke in die hospitaal en van daar af nooit weer nie. Die hospitaal en die hof is twee lelike plekke. ’n Mens moet daar uitbly.”


MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.