28 Junie 19:37
Kaapstad Verander Area

Donderdag

16°C / 9°C

Wind 22km/h

Reënval 0

Humiditeit 66%

Vrydag

14°C / 11°C

Wind 9km/h

Reënval 9mm

Humiditeit 86%

Saterdag

15°C / 12°C

Wind 14km/h

Reënval 0

Humiditeit 77%

Sondag

15°C / 10°C

Wind 11km/h

Reënval 0

Humiditeit 74%

Maandag

16°C / 11°C

Wind 10km/h

Reënval 0

Humiditeit 75%

Dinsdag

15°C / 11°C

Wind 16km/h

Reënval 0

Humiditeit 80%

Algemeen
Oud-Affie se verdwyning ’n raaisel
Barry Leonard word sedert sy twintigste verjaarsdag in Hermanus vermis word. Foto: Lauren Emery

“Ek raak moeg, maar ek gaan lê nie,” sê Max Smith, ma van Barend (of Barry) Leonard wat al vir nege weke sedert sy verjaardag in Hermanus vermis word.

Die ma sê sy kan nie beskryf hoe sy voel nie, maar is nie gereed om op te gee nie.

Leonard, ’n oud-Affie, wat op 4 November 2016 20 jaar oud geword, het saam met sy ouers op Hermanus gewoon en as ’n kelner gewerk.

Hy het die aand van sy verjaardag saam met vriende gebraai by sy ouers se huis voordat die partytjie geskuif het na die Mock Turtle-nagklub (voorheen Shimmi’s) wat stap-afstand van die huis af is.

Volgens Smith wys kringtelevisie-beeldmateriaal hoe hy om 01:15 by die klub uitstap.

Hy het saam met vriende voor ’n roomyswinkel gesit en met ’n vriendin gepraat voordat hy omstreeks 02:00 oor die pad gestap het na die Waterfront-parkeerarea oorkant die Village Square.

Dit is die laaste keer wat hy gesien is.

Die ma glo nie dat haar seun sy eie lewe geneem het of dat sy dood met dwelms verband hou nie.

Leonard was volgens haar baie opgewonde daaroor dat hy aanvaar is om kommunikasie-ontwerp in 2017 by die Cape Town Creative Academy te studeer.

Volgens sy ma was hy ’n talentvolle fotograaf met ’n besonderse kunstalent.

“Hy is ’n baie sagte mens, maar hy het ’n tawwe binnekant . . .”

Leonard en sy ma het ’n goeie verhouding gehad.

Selfs dae nadat hy verdwyn het, het sy verwag hy sou haar bel om hom iewers te kom haal.

Sy het die oggend ná sy verjaardag gedink dis eienaardig dat hy haar nie laat weet het wanneer hy sal tuis wees nie en het hom probeer bel, maar sy beursie, selfoon en sleutels was by sy vriende wat ook na hom gesoek het.

Die skermgreep van kringtelevisiemateriaal wys volgens ’n Facebook-plasing deur Anneline van Heerden hoe Leonard Mock Turtle verlaat om 01:15 op 5 November 2016. Foto: Facebook/AnnelinevanHeerden

“Ons kan nie bevestig wat presies gebeur het in die parkeerterrein nie, maar dis ’n moontlikheid dat hy saam met mense weggery het,” sê sy.

“Dit was besig rondom die parkeerarea daardie aand en daar was baie potensiële ooggetuies . . . Mense moes iets gesien het . . .

“Ons wil net weet waar hy is dat ons hom kan terugkry.”

Volgens die ma het sy via ’n inligtingsnetwerk verskeie leidrade ontvang en dit vir die polisie aangestuur.

Een daarvan was dat Leonard ’n geheimsinnige waarskuwing ontvang het weke voor hy verdwyn het.

“Niemand kan vir ons sê dat hy vyande gehad het nie,” sê Smith.

Die ma is baie ontevrede oor anonieme mense wat bel en valse inligting rakende haar seun se verdwyning verskaf.

Leonard is haar enigste seun, hy het ’n ouer suster, Cora Leonard, wat op die Kaaimanseilande woon.

“Die afgelope twee maande was onuithoudbaar,” het Cora Donderdag op die Facebook-blad Find Barry geskryf.

Leonard is op 5 November 2016 as vermis aangemeld. Foto: Facebook/ Pink Ladies

“Dis moeilik om ons konneksie te verduidelik, want ons is regtig twee halwes wat die beste in mekaar uit bring. Jy is die sterk en dapper een en jy het my gehelp om uit my ‘comfort zone’ te kom . . . Ek is moeg om te wag vir jou om huis toe te kom . . . Kom asseblief terug.”

’n Bewusmakingsgroep en Facebook-groep genaamd Find Barry is gestig om Leonard te probeer opspoor. ’n Finansiële komitee is ook aangestel om geld in te samel wat benut kan word as ’n beloning vir inligting, of as ’n losprys.

*Enigeen met inligting kan dit na die Facebook-groep Find Barry, find.barry0511@gmail.com of 064 667 9736 stuur. Hy het ’n grys t-hemp, donker jeans en swart VANS skoene aangehad.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.